top of page

Vyf voertuie in botsing as gevolg van digte rook

Vyf voertuie in botsing as gevolg van digte rook

SM HATTINGH

15 June 2021

Die oorsaak van die botsing was digte rook van ‘n nabye veldbrand, wat die sig baie vermoeilik het vir motoriste.

Wat ‘n gewone Vrydag sou wees, met die naweek wat voor die deur lê, het geëindig in ‘n botsing tussen vyf voertuie. Ongeveer 13:20 het daar ‘n skokkende botsing op die Breyten pad plaasgevind, waar daar vyf voertuie betrokke was. Een van die betrokke voertuie was ‘n ambulans wat ‘n pasiënt vervoer het. Die oorsaak van die botsing was digte rook van ‘n nabye veldbrand, wat die sig baie vermoeilik het vir motoriste. Die bestuurder van die Life Care ambulans het spoed verminder soos wat hy die rook gesien het, en nie voor hom kon sien nie. ‘n Toyota Quantum het agter in die ambulans vasgery. Agter die Quantum was ‘n Volkswagen Caddy, wat toe ook binne in die Quantum vasgery het en dadelik aan die brand geslaan het. Agter die Caddy was ‘n Nissan NP200 en agter dié ‘n Volkswagen Golf 1. Die pad was vir ‘n geruime tyd gesluit, waar die brandweer blitsvinnig op die toneel was om die brandende voertuig te kom blus. Die bestuurder van die Life Care ambulans het dadelik hulp ontbied, en het begin om die mense wat in die ander voertuie mediese behandeling te gee. Al die mediese personeel en nooddienste was spoedig op die toneel. Vier persone is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling, asook die pasient wat reeds in die ambulans was.

bottom of page