top of page

Voertuig land op dak tydens botsing

Voertuig land op dak tydens botsing

SM HATTINGH

13 July 2021

Die bestuurder het erge kop, asook been beserings opgedoen tydens die botsing. Al die nood personeel was spoedig op die toneel, en het flinke werk gemaak van die opruiming.

Op Maandag, 12 Julie, ongeveer 10:00, het‘n botsing op die hoek van Kerk- en Oosthuise Strate plaasgevind. Die bestuurder van die voertuig het beheer verloor as gevolg van ‘n hoë spoed wat gery is. Die voertuig het tot stilstand gekom by die Ford handelaar, waar die motor binne in die tuin op geëindig het tussen al die beton balle, en tot op sy dak geland het.

Die bestuurder van die voertuig is dadelik deur ER24 behandel en hospitaal toe geneem is vir mediese behandeling. Sy het erge kop, asook been beserings opgedoen tydens die botsing. Al die nood personeel was spoedig op die toneel, en het flinke werk gemaak van die opruiming.

bottom of page