top of page

Veediefstal boewe loop op dun ys

Veediefstal boewe loop op dun ys

SM HATTINGH

16 August 2022

Die waarde van die vee wat terug gevind is, is ongeveer R280 000.

Op Maandag, 8 Augustus 2022, was agt koeie en vier kalfies op ‘n plaas gevind, ongeveer 12km buite die dorp, op die Amsterdam pad. Die vee is gevind deur ACSU, boere van die omgewing en die plaaslike veediefstal eenheid. Daar is twee mans op die plaas gevind, en is in hegtenis geneem, maar later weer vrygelaat omdat hul nie met die diefstal verbind kon word nie.

Tydens die herwinning van die vee, het die twee mans gesê dat die plaas aan Alton Mphethe behoort, en dat hy op Maandag in die hospitaal was. Dié is nie die eerste keer wat daar gesteelde vee op Mphethe se plaas teruggevind is nie. Kaptein Carla Prinsloo, woordvoerder vir die Ermelo-polisie, sê dat Ermelo Veediefstaleenheid, ACSU en die boere gemeenskap ‘n operasie geloods het, “Buyisinkomo” en “Gcinimvelo”, waar daar later die middag die gesteelde vee gevind was. Volgens die boere gebruik veediewe strykysters om die beeste te brandmerk. In hierdie geval is daar drie kruise bo-oor die eienaar van die vee se brandmerk, waar die merke in die vee se ore ook uitgesny is.

Die waarde van die vee wat terug gevind is, is ongeveer R280 000. Die eienaar van die beeste wat anononiem wil bly, wil net graag sy dank aan ACSU, Kolonel Zulu van die veediefstaleenheid, en al die boere bedank vir die soektog na sy vee.

bottom of page