top of page

Staat lewer vals getuienis, Dirkiesdorp boere uit op borg

Staat lewer vals getuienis, Dirkiesdorp boere uit op borg

SM HATTINGH

4 May 2021

Die videos bewys dat die staat nie slegs oor enkele aspekte gelieg het nie, maar dat hulle oor alles gelieg het. Hulle het nie net feite uit hulle duim gesuig nie, maar ‘n omvattende vals narratief geskep.

Die vier boere en plaasvoorman van Dirkiesdorp, Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Yende (48) wat op 9 April 2021 gearresteer is op aanklagtes van moord, poging tot moord, ontvoering en regsverydeling, het onlangs weer hul verskyning in die hof gemaak. Die boere het reeds op 12 April hul eerste verskyning in die hof gemaak, waarna die saak ‘n paar keer uitgestel vir verdere ondersoeke, waar die boere ook borgtog geweier is. Op Maandag, 26 April, was daar ‘n video gewys, waar die boere se regspan aangevoer het dat die Staat se getuies lieg, en dat borg daarom geregverdig is. Nadat die videos gekyk is, het die staat nogsteeds die troefkaart gebruik om te sê dat daar aan die video materiaal gepeuter is, maar soos ons weet, video materiaal kan nie lieg nie. Nadat die video materiaal gekyk is, het A.O Nhlapo wel in die hof gesê dat sy getuies wel gelieg het in hulle verklarings oor wat op 9 April op plaas Pampoenkraal gebeur het.

Die video wys die boere se weergawe wat op die plaas gebeur het: Die boere en hul plaaswerkers het kalm en rustig voorgekom, en het nie wapens of koeëlvaste baadjies gedra nie. Adjudant Offisier Nhlapo het dit erken. Die boere het niemand aangerand nie, waar A.O Nhlapo dit ook erken het. Zenzele Coka, wat vir Potgieter gewerk het, het saam met Greyling asook ander plaaswerkers opgedaag by die toneel. Hy was nie deel van die betogers nie. Die videos wys dat Amos Coka in ‘n klein wit motor opgedaag het, gevolg deur ‘n bakkie met drie insittendes. Zenzele het toe na die hek van die plaas gehardloop, en ‘n lang struweling het gevolg tussen Zenzele en sy broer, Amos. Zenzele het later daarin geslaag om sy broer Amos van die plaas af te verwilder. Die Staat gaan steeds aan dat die boere vir beide Zenzele en Amos met voorbedagte rade vermoor het. Nou, die groot vraag wat op almal se lippe lê, hoekom sou die boere vir Zenzele wou skiet, as Zenzele aan hulle kant was, en vir een van die boere gewerk het? Die video wys ook hoe vier “werksoekers” met stokke by Pampoenkraal opgedaag het om bestaande werkers te intimideer. Die video wys voorts dat minstens agt bestaande werkers wat in die stoor besig was om te werk, dan hul goed bymekaar maak en weg van die stoor af beweeg. Die video wys hoe Steynberg die plaas verlaat om te gaan kyk wat se meganiese toerusting gebreek het nadat sy werkers hom gebel het en gevra het vir hulp. Hy het eers weer later saam met die SAPS opdaag by die toneel. Die voorval waar Zenzele geskiet is, was ongelukkig nie op die video vasgelê nie. Klingenberg se weergawe is egter dat hy Amos Coka geskiet het uit selfverdediging, nadat Amos wild begin geskiet het, en in die proses sy eie broer, Zenzele, geskiet het.

Drie Dirkiesdorp boere, Werner Potgieter, Danie Malan en Hansie Moolman, was uiters geweldadig deur die sogenoemde werksoekers aangerand. Hansie Moolman het skedelbreuk opgedoen, maar die SAPD het op 9 April ‘n eensydige ondersoek op die toneel gedoen. Die boere en die “werksoekers” het in twee groepe weerskante van die grondpad gestaan, en die SAPS het die boere gearresteer soos die “werksoekers” hulle name uitgeroep het. Ondersoek beampte, Adjudant Offisier Nhlapo, het reeds in die borgaansoek erken dat hy slegs die weergawe van die “werksoekers” bekom het. Geen “werksoekers” was gearresteer nie en hulle stokke wat hulle by hulle gehad het was ook nie geneem tydens die arrestasies nie, ten spyte van die feit dat twee boere gehospitaliseer was weens hulle beserings, en Danie Malan se oogbank in die tronkselle deur ‘n private dokter toegewerk was. Die videos bewys dat die staat nie slegs oor enkele aspekte gelieg het nie, maar dat hulle oor alles gelieg het. Hulle het nie net feite uit hulle duim gesuig nie, maar ‘n omvattende vals narratief geskep. Borg is uiteindelik toegestaan op Vrydag, 30 April, waar die vier boere en die plaasvoorman, elk R 10 000 moes opdok. Die saak is uitgestel na Woensdag, 30 Junie 2021, vir verdere ondersoek.

Op die foto verskyn die vier boere en plaasvoorman. Op die tweede verskyn Robert Molokoane, wat aanvoer dat daar met die video gepeuter is.

bottom of page