
Rowers vasgekeer op Amersfoort pad
Rowers vasgekeer op Amersfoort pad



SM HATTINGH
31 August 2021
ACSU reaksie lede is in kennis gestel, en het dadelik spoor gesny op die Amersfoort pad. Die voertuig, ‘n Datsun Go wat gebruik is, is deur die reaksie lede opgemerk.
Op Maandag, 30 Augustus het ACSU ‘n boodskap ontvang van ‘n besigheid in Amersfoort wat geroof is, en dat die rowers oppad Ermelo toe is. Die reaksie lede is in kennis gestel, en het dadelik spoor gesny op die Amersfoort pad. Die voertuig, ‘n Datsun Go wat gebruik is, is deur die reaksie lede opgemerk, en is dadelik agterna gesit. Binne-in die voertuig was drie verdagtes, en ACSU kon daarin slaag om die voertuig tot stilstand te bring. Die dame wat hul geroof het, saam met die SAPD van Amersfoort, het op die toneel aangekom. Daar is ‘n onbekende bedrag gesteel tydens die roof. Ermelo plaaslike SAPD personeel was ook op die toneel, waar die drie verdagtes gearresteer is en na die SAPD stasie geneem is. “Wel gedaan ACSU, asook die SAPD lede wat spoedig op getree het en die rowers kon vas trek.”