Rowers sak toe op gesin, martel pa en oupa

Rowers sak toe op gesin, martel pa en oupa

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/6

SM HATTINGH

15 February 2022

Alle veiligheids groepe is in kennis gestel, en die rowers is in Benoni deur die “Flying Squad” gearresteer.

Soos wat ‘n gewone werksdag sal begin met roetine en kinders by die skool kry, het Dinsdag, 8 Februarie 2022, heel anders vir ‘n gesin in Ermelo begin. ‘N Oupa en sy kleindogter was binne-in hul Chevrolet Utilty bakkie, oppad om haar by die skool af te laai. Oupa het by die hek uitgekim om die hek oop te stoot, waar drie rowers vir hom gewag het. Daar is aan die oupa gesê om nie te skree nie, anders skiet hul die dogtertjie. Die oupa en sy kleindogter is binne die huis in geboender saam met die rowers, waarna die drie rowers geld geëis het. Binne in die huis was die ouma, kleinseun, dogter en skoonseun. Die hele familie was gedwing na die ontvangs area, waar hulle vasgebind is.

Die rowers het die huis oordompel opsoek na geld. Die dogter het aan die rowers gesê om nie te skiet nie, dat hulle alles kan vat maar moet net nie hulle seer maak nie. Die rowers het ‘n gordel in die hande gekry, en om die dogter se nek vas gemaak. Die pa het probeer om sy kinders se oë toe te hou, sodat hulle nie kon sien wat met hulle ma gebeur nie. Daarna het die rowers ‘n strykyster in die hande gekry, en hom in die gang laat warm word. Die pa is op sy skouer gebrand, en die oupa op sy lae rug, terwyl die res van die gesin toekyk en nie hulp kan verleen nie. ACSU se beheerkamer het gesien dat die alarm verskeie kere agter mekaar ge-aktiveer word. Wentzel Sonnekus en sy bemanning het dadelik na die adres gejaag, en met die aankoms is daar aan hulle vertel wat gebeur het. Die rowers het te voet uit die erf geloop, in ‘n wit Mercedez-Benz geklim en weg gejaag. Tydens die insident is daar na die kamera opname gekyk, waar daar kon sien in wat se voertuig hul geklim het. Mnr. Sonnekus het dadelik begin om die voertuig te volg.

Alle veiligheids groepe is in kennis gestel, en die rowers is in Benoni deur die “Flying Squad” gearresteer. Tydens die roof is daar ‘n groot bedrag geld, selfone asook juwliersware gesteel. Die rowers, Thobeka Makua (28), Bennet Mkhize (44) en Badanile Thabethe (42) het op Donderdag, 10 Februarie, in die Ermelo landroshof verskyn waar hulle saak uitgestel is.

Tydens ‘n onderhoud met die gesin, wil hulle net graag aan die gemeenskap, ACSU, Ermelo SAPD en ook die SAPD van Benoni bedank vir hulle flinke diens. In besonders wil hul vir Mnr. Sonnekus en sy span bedank wat hulle die nodige bystand gegee het, en hul dadelik kon help om te sê waar die voertuig is.