top of page

Reeks-inbreker Thando loop rieme styf

Reeks-inbreker Thando loop rieme styf

GK CRONJE

22 March 2022

Sy is ook al by ‘n rehabilitasie sentrum ingeboek, waarna sy egter haar uit die voete gemaak het.

Die infame inbreker, Thando, is omstreeks 10:30 op 18 Maart 2022, weerens deur Paul Koen van ACSU vasgetrek. ‘N Pensionaris paartjie in Fourie Straat het alarm gemaak nadat hul honde verdag opgetree het. Die inwoners het ondersoek ingestel, en opgemerk dat Thando in hul motorhuis in ‘n bondeltjie lê in ‘n poging om weg te kruip. Dié was besig om die inwoners helderoordag te beroof. Die inwoners het dadelik die motorhuis se deur toegetrek met Thando vasgevang binne, en ACSU in kennis gestel. Verskeie items was op Thando se persoon gevind, onder andere ‘n elektriese boor. Die inwoners het egter aan die Tribune gesê dat dit die derde keer is wat die einste Thando hul beroof het, selfs nadat hulle haar gehelp het met kos, klere en komberse toe sy kom aanklop het ‘n paar maande gelede.

“Dié skurk het al voorheen drie keer by ons ingebreek. Sy het ons al rot en kaal besteel. Sy het ons karavaan se vensters oop forseer en skoonskip gemaak met al die inhoud. Klere, LP gas bottels, eetgerei, noem dit, en sy het dit weg gedra. Sy het ons kampstoele gesteel, wat R1500 elk kos. Mens kan sien dat sy mak is met die gereg, en dat sy niks oorkom as sy gevang word nie. Sy kom keer op keer terug en besteel inwoners, en kom weg daarmee. Genoeg is genoeg, ek gaan ‘n saak maak teen haar. Iewers moet iemand met haar plan maak,” het die inwoners laat hoor. Die SAPD is in kennis gestel, en voor hul aankoms het Thando haar eie ontlasting begin eet in ‘n poging om arrestasie te fnuik. Die inwoners het egter aangedring om ‘n diefstal saak te open, en Thando is gevolglik gearresteer.

Dié einste Thando word verbind met dosyne gevalle in Ermelo Oos, waar sy inwoners rot en kaal besteel. Sy is oor die algemeen kenmerkend kaalvoet, en haar onaangename reuk loop haar vooruit. Sy dra alles weg van waarde, vanaf tuingereedskap, gas bottles, tuinslange, tot en met solar liggies. Sy is ook al op heter daad betrap, waar sy ‘n woonhuis se vensters oopforseer het, en besig was om ‘n skootrekener, gepaard met alle toebehore, sorgvuldig op te pak. Flink reaksie van ACSU het gesorg dat sy nie ontsnap nie. Thando se familie woon in Amersfoort, waarheen sy al verskeie kere geneem is, net vir haar om terug te keer Ermelo toe om haar kriminele leefstyl voort te sit.

Sy is ook al by ‘n rehabilitasie sentrum ingeboek, waarna sy egter haar uit die voete gemaak het. Tydens die bogenoemde voorval was Thando reeds uit op borg, waar sy aangekla was van ‘n soortgelyke misdaad. Nadat Thando op Vrydag gearresteer was, het die Tribune informasie ontvang dat die SAPS haar na bewering vrygelaat het. Die Tribune het navraag gerig aan die SAPD woordvoerder, en teen perstyd was geen terugvoer ontvang nie. Sien meer foto’s op ons Facebook blad, Tribune Ermelo.

bottom of page