top of page

Plaaslike restaurante geteiken deur rowers

Plaaslike restaurante geteiken deur rowers

SH HATTINGH

25 August 2020

Dieselfde verdagte is later weer gewaar naby TWK, waar ACSU reaksie die rower genader het. Die rower het laat spaander met twee kasregisters, en een van ACSU se reaksie lede het vier geweerskote afgevuur. Die rower is vermoedelik gekwes, en dié het die kasregisters laat val. Na ‘n lang gesoek deur ACSU, asook buurtwag lede, is een van die kasregisters gevind.

Die afgelope paar maande is daar by verskeie plaaslike restaurante ingebreek, waar die rowers weg gekom het met kontant. Ander besighede het ook deurgeloop onder lang vingers van rowers. Op Saterdag, 22 Augustus, ongeveer 19:46, het ACSU ‘n oproep ontvang dat Nando’s se personeel aangehou word deur twee rowers. ACSU en SAPD was blitsig op die toneel, waar een van die rowers gewapen was met ‘n groot kaliber. Een van die rowers het spoorloos verdwyn, maar die ander is opgemerk by Online Properties, waar hy die venster geskop het om toegang tot die perseel te verkry. Die rower het bo oor die heining gespring, waarna hy sy hand gesny het, en sy handskoen agtergelaat het nadat dit aan die heining gehak het.

Dieselfde verdagte is later weer gewaar naby TWK, waar ACSU reaksie die rower genader het. Die rower het laat spaander met twee kasregisters, en een van ACSU se reaksie lede het vier geweerskote afgevuur. Die rower is vermoedelik gekwes, en dié het die kasregisters laat val. Na ‘n lang gesoek deur ACSU, asook buurtwag lede, is een van die kasregisters gevind. Beide rowers is nog nie gevind nie. Die SAPD doen ‘n versoek op die gemeenskap dat enige persoon wat die SAPD kan help met die ondersoek, vir Konstabel ML Mkwanazi te kontak op 082 373 8389 of 017 819 2321/8.

bottom of page