top of page

Ongeluk eis 2 lewens

Ongeluk eis 2 lewens

SH HATTINGH

24 November 2020

Die SAPD van Davel wil graag ‘n versoek doen op al die padverbruikers om die verkeersreëls te gehoorsaam, en veilig te wees op die paaie tydens die feesseisoen.

Op Vrydag, 20 November, ongeveer 12:30 het daar ‘n grusame ongeluk plaasgevind op die N17 tussen Ermelo en Bethal. Tydens die ongeluk was daar drie voertuie betrokke, ‘n wit BMW, silver Isuzu bakkie en ‘n wit Chevrolet bakkie. Die pad was vir ongeveer 3 ure gesluit weens die terwyl nood- en opruimdienste rondgeskarrel het.

Volgens Konstabel Portia van Davel SAPD is die oorsaak van die ongeluk weens die bestuurder van die BMW wat ander voertuie verby gesteek het op ‘n dubbel sperstreep, waarna hy beheer verloor het oor sy voertuig en met die Chevrolet gebots het. Twee persone is tydens die ongeluk op die toneel oorlede, waar een ernstig beseer is en na Trichardt Medi-Clinic geneem is vir mediese behandeling. Die SAPD van Davel wil graag ‘n versoek doen op al die padverbruikers om die verkeersreëls te gehoorsaam, en veilig te wees op die paaie tydens die feesseisoen.

bottom of page