Nuus uit die SAPD se kantore
Nuus uit die SAPD se kantore
SH HATTINGH
2 February 2021
Hul het aanvanklik gedink die persoon het beheer oor die bakkie verloor, maar die persoon het omgedraai en weer op hul afgejaag.
• Lede van Ermelo SAPD het op Vrydag, 29 Januarie, ongeveer 20:00 reageer op klagtes van persone wie onwettig drank verkoop vanaf 'n privaat woning in De Bruin Straat. Onderweg na die adres het hul 'n man teegekom wat drank gekoop het. Die SAPD is daarna na die betrokke adres, waarna een Chinese burger gearresteer is in gevolge die 'Disaster Management Act'. Die drank, wat twee polisie bakkies vol gemaak het, met die waarde van ongeveer R700 000, is na die SAPD se kantore geneem.
• Ermelo SAPD ondersoek 'n klag van poging tot moord na aanleiding van 'n insident wat op Woensdag, 27 Januarie, ongeveer 16:30 in 'n oop veld in Camden Laan plaasgevind het. 'n 20-Jarige man beweer dat hy en vriende sokker in die veld gespeel het, toe 'n manspersoon in 'n bakkie op hul afgejaag en hul amper raak gery het. Hul het aanvanklik gedink die persoon het beheer oor die bakkie verloor, maar die persoon het omgedraai en weer op hul afgejaag. Hul het daarin geslaag om weg te hardloop. 'n Verdagte man is op 29 Januarie in verband met die voorval gearresteer.