top of page

Nog 'n botsing op Breyten pad

Nog 'n botsing op Breyten pad

SM HATTINGH

3 August 2021

Tydens die botsing het die drie insittendes in die Volkswagen ligte beserings opgedoen, en is blitsvinnig na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem vir mediese ondersoek.

Op Maandag, 26 Julie, het daar 'n botsing tussen 'n Hyundai Elantra en 'n Volkswagen Chico plaasgevind op die Breyten pad. Volgens die bestuurder van die Hyundai was daar digte rook op die pad, waarna hy sy hoofligte aangeskakel het en begin stadiger ry het. Met al die digte rook het die Volkswagen in die Hyundai vas gery.

Al die nooddienste, asook nood personeel was spoedig op die toneel. Tydens die botsing het die drie insittendes in die Volkswagen ligte beserings opgedoen, en is blitsvinnig na die Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem vir mediese ondersoek.

bottom of page