top of page

N2 plunderaars maak eerste verskyning in hof

N2 plunderaars maak eerste verskyning in hof

SM HATTINGH

17 August 2021

Die waarde van die drie vragmotors wat hulle aan die brand gesteek het is ongeveer R7 500 000.00. Die laaste aanklag van skade of inmenging met die elektrisiteitstoevoer is weens die feit dat die vragmotors steenkool vervoer het na Camden Kragstasie, waar hulle die steenkool nodig het vir elektrisiteitstoevoer.

Op Woensdag, 4 Augustus was daar verskeie plunderaars wat 3 vragmotors, asook een dubbel kajuit bakkie aan die brand gesteek het op die N2. Die rede vir die plundering was weens werk wat gesoek word by die Merino Mall. Konstabel Nkambule, wat van die speurtak is, was die ondersoek beampte, en kon daarin slaag om op 5 Augustus vir Mandla Prince Khumalo (22) te arresteer. Op 6 Augustus het Konstabel Nkambule vir Mduduzi Joseph Mzala Pondzole (36) en Makhozi Eszon Msayi Dlamini (57) vasgetrek, en op 9 Augustus het hy Mpendulo Gift Dladla ook gearresteer. Die vier verdagtes het op Dinsdag, 10 Augustus in die Ermelo hof verskyn.

Die verdagtes is aangekla vir openbare geweld, kwaadwillige saakbeskadiging, sameswering om noodsaaklike infrastruktuur te beskadig, en skade of inmenging met die elektrisiteitstoevoer. Die verdagtes het die steenkool vragmotors geforseer om te stop, die sleutels gesteel en die bestuurders van die vragmotors geintimideer, waarna hulle die vragmotors aan die brand gesteek het. Die waarde van die drie vragmotors wat hulle aan die brand gesteek het is ongeveer R7 500 000.00. Die laaste aanklag van skade of inmenging met die elektrisiteitstoevoer is weens die feit dat die vragmotors steenkool vervoer het na Camden Kragstasie, waar hulle die steenkool nodig het vir elektrisiteitstoevoer. Verdagte 1 en 4 bly in aanhouding weens vorige sake wat nog nie afgehandel is nie, en verdagte 3 en 4 kan R15 000 opdok vir borg, of hulle bly in aanhouding. Die saak is uitgestel tot 24 Augustus 2021 vir verdere ondersoek.

bottom of page