top of page

Man aangekeer vir verkragting en aanranding

Man aangekeer vir verkragting en aanranding

SM HATTINGH

17 August 2021

Die klaer was buite by die wasgoed draad, waar sy weer dieselfde verdagte gewaar het en hom gesê het om van haar erf af te gaan. Later die middag het die klaer gaan hout haal buite, waar die verdagte haar aangerand en verkrag het.

Sikhumbuzo Majana Shongwe (44) is op Donderdag, 12 Augustus, gearresteer vir verkragting te Breyten. Die verdagte het op dié dag by die klaer (47) in Breyten aangeklop, waar hy by haar wou hoenders koop. Die klaer het egter vir hom gesê dat sy nie hoenders verkoop nie. Die klaer was buite by die wasgoed draad, waar sy weer dieselfde verdagte gewaar het en hom gesê het om van haar erf af te gaan. Later die middag het die klaer gaan hout haal buite, waar die verdagte haar aangerand en verkrag het. Dieselfde dag, ongeveer 16:00, was die verdagte gearresteer. Shongwe se saak is uitgestel na 20 Augustus, waar hy voor Breyten se hof sal verskyn. Hy bly steeds in aanhouding.

bottom of page