top of page

Lyfstraf saak weereens uitgestel

Lyfstraf saak weereens uitgestel

GK CRONJE

6 Oktober 2020

ie departement van onderwys gaan ook teen die drie onderwysers optree. Woordvoerder van die departement, Jasper Zwane, sê die voorval is uiters teleurstellend. Die drie verdagtes, Mxolisi Mdakane, Tau Nkosi en Mamatjie Zitha (skoolhoof) staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, sowel as gewone aanranding.

Die skoolhoof en twee onderwysers van die Masizakhe Secondary School, het in die landdroshof in Ermelo verskyn omdat hulle na bewering lyfstraf aan vier leerders toegedien het. Hulle is in hegtenis geneem nadat die ouers die saak by die polisie aangemeld het. Brigadier Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het onderwysers gewaarsku om hulself te weerhou van lyfstraf, omdat dit in die land afgeskaf is. “Dit het tot lig gekom dat die drie betrokke was by lyfstraf van hierdie kinders, nadat hulle nie hul skoolwerk gedoen het nie.”

Die departement van onderwys gaan ook teen die drie onderwysers optree. Woordvoerder van die departement, Jasper Zwane, sê die voorval is uiters teleurstellend. Die drie verdagtes, Mxolisi Mdakane, Tau Nkosi en Mamatjie Zitha (skoolhoof) staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, sowel as gewone aanranding. Die drie het op 2 September 2020 in die hof verskyn, waar borgtog op R1 000 vasgestel is. Hul saak was tot 18 September in die landdroshof in Breyten uitgestel, en weerends uitgestel na 20 November 2020 vir verdere ondersoek.

bottom of page