top of page

Grusame ongeluk eis vier lewens

Grusame ongeluk eis vier lewens

SH HATTINGH

30 March 2021

Een van die insittendes, wat ernstige beserings opgedoen het, is later oorlede in die hospitaal as gevolg van ‘n breinbesering.

Op Sondag, 28 Maart, ongeveer 02:30, het daar ‘n grusame botsing tussen ‘n Volkswagen Polo en ‘n Volkswagen Amarok plaasgevind. Die Polo het in Voortrekker Straat af gery, en die Amarok van De Emigratie Weg, waar die bestuurder van die werk afgekom het en oppad huis toe was. Die bestuurder van die Polo die rooi verkeerslig verontagsaam, en dit het daartoe gelei dat die bestuurder van die Amarok, vir wie die verkeerslig groen was, met hul gebots het.

Die Polo het gerol met die impak van die botsing, en het op sy dak tot stilstand gekom by die verkeerslig voor McDonald’s. Van die ses insittendes in die Polo, waarvan drie op die toneel oorlede is, het twee het ernstige beserings opgedoen, en een ligte besering. Die twee wat ernstige beserings opgedoen het, is deur die Ermelo Provinsiale Ambulansdiens behandel, en die ligte besering pasiënt is deur ER24 na Ermelo Provinsiale Hospitaal geneem vir mediese behandeling. Die bestuurder van die Amarok het geen beserings opgedoen nie. ER24, EMS, Ermelo SAPS, Msukwaliga Fire and Rescue, ETS Insleepdienste, Ermelo Forensies en die verkeer offisiere was op die toneel.

Een van die insittendes, wat ernstige beserings opgedoen het, is later ook oorlede in die hospitaal as gevolg van ‘n breinbesering. Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die verkeersreëls te gehoorsaam, asook om die COVID-19 regulasies en aandklok reëls na te kom.

bottom of page