top of page

Grusame botsing eis vier lewens, vrou skenk geboorte

Grusame botsing eis vier lewens, vrou skenk geboorte

SH HATTINGH

13 April 2021

Die tweede ongeluk het op die Morgenzon pad plaasgevind, ongeveer 10 kilometer buite die dorp, tussen ‘n klein voertuig en ‘n SUV. Tydens die ongeluk was daar geen ernstige beserings opgedoen nie.

Op Woensdag, 7 April, ongeveer 16:30, het ‘n grusame botsing tussen ‘n BMW en ‘n Toyota Corolla op die N17 plaasgevind, ongeveer 10 kilometer vanaf die tolhek. Die BMW was ‘n familie van vier insittendes, asook dié in die Corolla. Met die aankoms op die toneel het een insittende van die Corolla in die pad uitgeslinger, terwyl die ander insittendes binne in die kar vasgevang was. Die insittendes van die BMW was binne-in die voertuig. Alle mediese dienste was spoedig op die toneel om mediese hulp aan die pasiënte te skenk, asook met die beheer van die verkeer. Drie persone is dood verklaar op die toneel. Hannes en Vusi van ER24 het mediese behandeling op een pasiënt toegepas, en hy is dadelik na die Provinsiale Hospitaal vervoer.

Die pasiënt is ongelukkig later in die hospitaal oorlede. Igagu Emergency Services het die twee kinders, saam met hulle ma wat in die BMW was, vervoer na die Ermelo Provinsiale Hospitaal vir mediese behandeling. Die gesin het ligte beserings opgedoen. Ongeveer 15 minute later is ER24 weer terug op die toneel, waar daar ‘n vrou in ‘n taxi was, wat vasgevang was in die verkeer. Die pad was gesluit as gevolg van die ongeluk, en sy het in kraam in gegaan. Die vrou is deur ER24 vervoer na die hospitaal, waar sy nog voor die hospitaal binne-in die ambulans gekraam het. ER24, Msukaligwa Fire and Rescue, Van Wettens Insleep Dienste, Davel en Ermelo Polisie en die Provinsiale Ambulaans Dienste, asook Igagu, was op die toneel.

In ‘n tweede geval op Vrydag, 9 April, het daar twee botsings plaasgevind. Die eerste ongeluk het ongeveer 17:00 gebeur, op die hoek van Voortrekker- en Kerk Straat, tussen ‘n Ford Ranger en ‘n Mitsubishi Pajero Sport. Niemand is beseer tydens die ongeluk nie. Die tweede ongeluk het op die Morgenzon pad plaasgevind, ongeveer 10 kilometer buite die dorp, tussen ‘n klein voertuig en ‘n SUV. Tydens die ongeluk was daar geen ernstige beserings opgedoen nie.

bottom of page