top of page

Ermelo gemeenskap staan saam en beveilig Ermelo

Ermelo gemeenskap staan saam en beveilig Ermelo

SM HATTINGH

20 July 2021

“Ons wil seker maak die gemeenskap voel veilig. Die sigbaarheid van alle gemeenskapslede, asook al die instansies wat saam staan om te help om die res van Ermelo veilig te laat voel, word waardeer. Graag wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat in die koue saam staan om Ermelo, asook die gemeenskap, te beveilig.”

Op Woensdag, 14 Julie 2021, was daar ‘n groot vergadering gehou by die Ermelo Inn, wat die gemeenskap kon bywoon om te beplan hoe om Ermelo te beskerm teen geweldadigers wat ons dorp wil kom vernietig. Ongeveer 100 inwoners van Ermelo het die vergadering bygewoon en saam gestaan. Op dié aand het die lede van die gemeenskap omstreeks 20:00 by die Ermelo SAPD stasie bymekaar gekom, en daar was die reëlings aan almal deur gegee, en ook die missie van die projek. Die lede was in gedeel in verskeie groepe, waar elke ingang van die dorp gemoniteer was deur lede. Elke voertuig wat die dorp wou in- of uitgaan was deursoek, asook aangevra waarheen hul oppad was. Natuurlik, na die inperkingstyd van 21:00 wat niemand meer buite hul wonings mag wees nie, moes daar ‘n permit wees wat bewys dat die persoon essentiële dienste lewer.

Ermelo Buurtwag, Spartan Team, ACSU, SAPD, Afriforum asook die Ermelo Taxi Association het almal saam hande gevat. Daar was ook patrollie deur die dorp, asook deur die woonburte gery om te verseker dat almal veilig by hulle huise is. Seattle Coffee het ook hande gevat, en het vir die lede wat patrollie ry en buite in die koue was, ‘n koffie asook ‘n verversing gegee om hul dank te wys. Kol. Ngcobo, Stasie Bevelvoerder, het Woensdag aand aan die Tribune gesê die missie is dat Ermelo veilig bly, en dat hul verseker dat daar geen verdraagsaamheid van enige aard teenoor wetsoordtreders is nie.

“Ons wil seker maak die gemeenskap voel veilig. Die sigbaarheid van alle gemeenskapslede, asook al die instansies wat saam staan om te help om die res van Ermelo veilig te laat voel, word waardeer. Graag wil ons ook van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat in die koue saam staan om Ermelo, asook die gemeenskap, te beveilig.” Kyk gerus op die Tribune Ermelo se Facebook blad vir meer foto’s, asook video’s.

bottom of page