top of page

Dr. Bhoola se vermeende moordenaars vasgetrek

Dr. Bhoola se vermeende moordenaars vasgetrek

SH HATTINGH

20 April 2021

Die verdagtes het Dr. Bhoola se hande en voete vasgebind, en ‘n verband gebruik om hom te verwurg.

Wyle Dr. Yasvantray Bhoola (75), wat op 10 Maart 2019 wreed vermoor in sy huis in Cassim Park, se twee vermeende moordenaars is gearresteer. Senzo Thamsanqa Dube (34) is op 9 April 2021 vasgetrek, en Lethukuthula Makepeace Davide Shakwane (39) is op 10 April 2021 gearresteer in Nelspruit. Die twee verdagtes het reeds op Maandag, 12 April 2021, in die hof verskyn, waar die saak uitgestel is na 16 April toe vir verdere ondersoek.

Die verdagtes het toegang deur die motorhuis verkry, waar hulle voorgegee het dat hulle mediese behandeling nodig het. Toe die verdagtes ingelaat was, het hulle Dr. Bhoola na die hoof slaapkamer gedwing, waar daar ‘n kluis was met kontant was. Die verdagtes kon egter nie daarin slaag om die kluis oop te kry nie. Die verdagtes het toe Dr. Bhoola se hande en voete vasgebind, en ‘n verband gebruik om hom te verwurg. Sy lewelose liggaam is later gevind in dieselfde kamer. Tydens die aanval was daar ‘n iPhone 7 en iPhone 8, ‘n skootrekenaar, CCTV kameras met die CCTV rugsteun hardeskyf, asook ‘n BMW 7Series voertuig gesteel. Die voertuig is later die aand terug gevind in Suluma Straat, langs Lindiwe Skool in Wesselton, waar die voertuig se sleutel nog binne-in die voertuig was.

DNA toetse wat gedoen was in die BMW om die verdagtes te help vastrek. Dube is deur ‘n speurder gekontak om DNA toetse te laat doen, en die DNA toetse wat in die voertuig gedoen was, het ooreengestem met Dube se DNA. Die DNA monsters was verkry deur sweet wat op die rathefboom, asook die deur se handvatsel om die voertuig te open, gevind was. Die speurder het tydens die hofsaak op Vrydag gesê dat daar wel vingerafdrukke geneem was op die aand, in beide die voertuig en in die huis, maar dat daar geen vingerafdrukke gekry was nie.

Hul is van mening dat die verdagtes handskoene gedra het tydens die moord. Tydens ‘n ondervraging Shakwane, het hy aan die SAPD gesê dat hy die toneel sal gaan uitwys en kan bevestig waar die insident plaasgevind het. Die twee verdagtes bly in aanhouding, en die saak is uitgestel tot 26 April vir verdere ondersoek.

bottom of page