top of page

Botsing nadat taxi bestuurder stopteken verontagsaam

Botsing nadat taxi bestuurder stopteken verontagsaam

GK CRONJE

20 April 2021

Die botsing het weereens die wettelose gedrag van taxi bestuurders in Ermelo in die kollig gestel, waar daar op ‘n daaglikse basis geen ag getoon word aan verkeersreëls nie.

Op 16 April, laatmiddag, het ‘n botsing plaasgevind tussen drie voertuie by die Border- en Smuts Straat kruising. Dié wat betrokke was by die botsing het genadiglik ernstige beserings vrygespring. Volgens ooggetuies het die bestuurder van ‘n taxi die stopteken by die kruising verontagsaam, waarna ‘n vragmotor in die sy van die taxi ingeploeg het.

Die derde voertuig is ook beskadig tydens die botsing, toe leë houtpalette van die vragmotor af getuimel het en op die neus van die voertuig beland het. Die botsing het weereens die wettelose gedrag van taxi bestuurders in Ermelo in die kollig gestel, waar daar op ‘n daaglikse basis geen ag getoon word aan verkeersreëls nie. Ermelo verkeersdepartement, ACSU, SAPS, Igagu Ambulansdiens, Van Wettens Insleepdiens en All-Star Insleepdiens was spoedig op die toneel, sowel as ‘n groot skare wat die spektakel aanskou het.

bottom of page