top of page

Botsing knip voertuig se lewensduur kort

Botsing knip voertuig se lewensduur kort

GK CRONJE

18 May 2021

Tydens die botsing was geen ernstige beserings aangemeld nie, en IGAGU se medici het reggestaan om behandeling toe te pas.

'n Agterklap-botsing tussen ‘n Volkswagen en Nissan bakkie het bestuurders met hul hande in die hare gehad op Donderdag aand, 13 Mei 2021. Na aanleiding van ooggetuies, het die bestuurder van die Nissan deurgeloop nadat die bestuurder van die Volkswagen die lengte onderskat het tussen die twee voertuie. Die Volkswagen het met redelike spoen teen die linker-agterkant van die Nissan bakkie gebots terwyl dié gewag het om te draai, en is hewig beskadig. Tydens die botsing was geen ernstige beserings aangemeld nie, en IGAGU se medici het reggestaan om behandeling toe te pas. Van Wettens Insleepdiens was, soos altyd, spoedig op die toneel om hulp te verleen.

bottom of page