top of page

Boer dood aangetref, verdagte ook dood in selle

Boer dood aangetref, verdagte ook dood in selle

SM HATTINGH

25 May 2021

Na ‘n soektog het sy op sy ligaam langs die sojaboonlandery afgekom, waar sy bakkie ook nog geluier het. Wyle Hennie het ‘n skietwond naby aan sy linkeroor gehad.

Hennie Moldenhauer (58), ‘n welbekende plaasboer in die Amersfoort area, is op Sondag, 16 Mei, in die vroeë oggend ure uit die huis met sy handwapen, asook ‘n jagwapen. Mnr. Moldenhauer het Saterdag jakkalse gewaar, en het besluit om die volgende dag douvoordag uit te gaan en die jakkalse te gaan jag. Hennie se vrou, Mokkie, het Sondag na haar man begin soek nadat sy geen antwoord op sy selfoon of op die twee rigting radio gekry het nie. Na ‘n soektog het sy op sy ligaam langs die sojaboonlandery afgekom, waar sy bakkie ook nog geluier het. Wyle Hennie het ‘n skietwond naby aan sy linkeroor gehad. Enkele meters van sy ligaam af het daar oorskot van ‘n swart hond ook gelê, maar dis nie sy hond nie. Die SAPS vermoed die hond moes deel van die aanvaller, of aanvallers gewees het. Tydens ondersoek op die tonel is daar drie 9mm patroondoppies gevind. Die handwapen en jagwapen waarmee Hennie die huis verlaat het, was nie op die toneel gevind nie. Op Woensdag, 19 Mei, was die hoofverdagte in hegtenis geneem. Op Donderdag oggend, 20 Mei, was die verdagte dood in die aanhoudingselle gevind. Tydens latere ondersoeke en soektogte is die wapens van Moldenhauer terug gevind.

bottom of page