top of page

Bekende plaaslike besigheid beroof

Bekende plaaslike besigheid beroof

SM HATTINGH

10 August 2022

Die verdagtes het gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant vanuit die kasregisters.

Op Donderdag, 4 Augustus, ongeveer 17:15, het vier gewapende mans by ‘n besigheid ingestap. Hulle het rond gekyk in die winkel, vuurwapens uitgepluk, en het ‘n man (73) en sy vrou aangerand in die winkel. Die verdagtes het die slagoffers beveel om plat te lê op die vloer. Die man en die verdagtes het in ‘n struweling betrokke geraak, waarby die man kop beserings, asook beserings aan beide sy arms opgedoen het.

Die man is Ermelo Medi-Clinic toe geneem vir mediese behandeling, waarby hy op Vrydag, 5 Augustus, na Medi-Clinic Trichardt geneem is vir verdere mediese behandeling. Tydens ‘n telefoon onderhoud met die eienaar van die winkel, het hy sy pa op Sondag, 7 Augsutus besoek, waarby hy gesê het dat sy pa vandag operasies sal ondergaan. Die verdagtes het gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant vanuit die kasregisters.

bottom of page