Bejaarde man aangerand in Smuts Straat
Bejaarde man aangerand in Smuts Straat
GK CRONJE
15 February 2022
Volgens die SAPD, het die verdagte gevra vir ys en water, en het die slagoffer aangerand nadat hy toegang tot die huis verkry het.
Op Vrydag, 11 Februarie 2022, het die SACCW en buurtwag flink reageer na ‘n roep om hulp, nadat ‘n bejaarde man (76) in Smuts Straat voor ‘n woonkompleks se hek gevind is. Na aanleiding van beskikbare informasie, was die bejaarde in sy huis aangerand en beroof. Volgens die SAPD, het die verdagte gevra vir ys en water, en het die slagoffer aangerand nadat hy toegang tot die huis verkry het. Die verdagte was opsoek na ‘n vuurwapen, maar kon nie daarin slaag om een te kry nie. Na afloop van die aanranding het die verdagte homself uit die voete gemaak. Die slagoffer kon daarin slaag om hulp te soek by die bure. ER 24, buurtwag en die SAPD was spoedig op die toneel, waar SAPD beamptes met die slagoffer gesels het. Tydens dieselfde voorval het buurtwag ook informasie ontvang van nog ‘n roof wat in Smuts Straat plaasgevind het. Ten einde van verdere ondersoek deur die SAPD en buurtwag lede het die informasie uitgedraai as verkeerdelik oorgedra, en geen tweede voorval het plaasgevind nie. Sien meer foto’s, asook ‘n video, op ons Facebook blad, Tribune Ermelo