top of page

ACSU se oë is altyd oop

ACSU se oë is altyd oop

SH HATTINGH

4 Augustus 2020

Mnr. Oubaas de Jager, op die regte tyd, op die regte plek. Mnr. De Jager het in dorp gery, en gesien dat ‘n vrou besig was om ‘n Toyota Etios se vensters met haar vuiste te slaan.

Op Donderdag, 30 Julie, ongeveer 16:00 was ACSU se eienaar, Mnr. Oubaas de Jager, op die regte tyd, op die regte plek. Mnr. De Jager het in dorp gery, en gesien dat ‘n vrou besig was om ‘n Toyota Etios se vensters met haar vuiste te slaan.

Hy het die dame genader en gevra waarmee hy haar kan help, waar sy gesê het dat die rowers haar ma geroof het wat by die OTM by Absa bank geld ontrek het. Mnr. De Jager het die rowers agter na gesit, bo oor rooi verkeersligte gejaag, by die straat af, en die volgende straat op totdat die rowers tot stilstand gebring is voor Ligbron Akademie vir Tegnologie. Die rowers is terug gebring na ABSA bank, waar die dame en haar moeder ook weer daar was. Die rowers, wie se name nog nie bekend gemaak kan word nie, is deur die plaaslike SAPD na die stasie toe geneem. Die dame en haar ma, asook die gemeenskap, net graag vir Oubaas de Jager en sy hele span by ACSU bedank vir hulle blitsvinnige diens, dat hul altyd bereid is om te help, en ook spoedig by tonele is. “ACSU, julle maak ons trots om te kan sê ons is van Ermelo. Well gedaan!”

bottom of page