top of page

ACSU, SAPD en Boere werk saam

ACSU, SAPD en Boere werk saam

SH HATTINGH

16 February 2021

Reaksie lede het geloop waar hulle die man gesien het in die mielie land, en het daar nog ‘n verdagte gevind met 12 bale dagga.

Op Dinsdag, 9 Februarie, ongeveer 15:00, het ACSU ‘n oproep ontvang ‘n voertuig wat baie verdag lyk op die Goedehoop plaas pad. Twee reaksie voertuie van ACSU is in kennis gestel, en het hul dadelik na die toneel gehaas, waar hulle ‘n voertuig gewaar het op die grondpad. Die bestuurder van die voertuig het binne-in ‘n mielie land ingeloop. Die verdagte, asook die voertuig is deursoek, maar niks is binne die voertuig gevind nie.

Reaksie lede het geloop waar hulle die man gesien het in die mielie land, en het daar nog ‘n verdagte gevind met 12 bale dagga. SAPD van Ermelo en Lothair is in kennis gestel, en was spoedig op die toneel. Die twee verdagtes is gearresteer, en gedurende die arrestasie is daar nog twee voertuie afgetrek wat deel was van die groep. Daar is op drie voetuie beslag gelê, en vier verdagtes is gearresteer. ACSU wil graag hulle dank gee aan, Kaptein V. Mahlangu, Sersante M. Dladla en M. Maphophe, en Konstabel B. Khumalo, asook aan die boere van die omgewing vir hulle hulp en vinnige reaksie.

bottom of page