SAPD slaan toe op R135K dagga

SAPD slaan toe op R135K dagga

press to zoom

press to zoom
1/1

SM HATTINGH

7 September 2021

Die dagga wat gevind is, is 90kg, met ‘n straatwaarde van R135 000.00.

Speurders van SAPD Ermelo het op Donderdag, 2 September, twee persone gearresteer vir handel in dagga. Die lede was besig om na 'n verdagte voertuig te soek. 'n Soortgelyke voertuig is by 'n motorwas fasiliteit opgemerk. Die lede het die voertuig deursoek, en dagga binne die voertuig gevind. Die dagga wat gevind is, is 90kg, met ‘n straatwaarde van R135 000.00.