R50 miljoen onwettige alkohol bedryf ontbloot

R50 miljoen onwettige alkohol bedryf ontbloot

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/7

SM HATTINGH

7 September 2021

Gao besit verskeie besighede is die dorp, waar sy plaaslike drankwinkels ook deursoek is. Van die aanklagtes teen Gao is dat hy onder andere doelbewus en onregmatig wanvoorgestel het aan SARS, Doeane- en handelsmerkbeskermers, opsetlik en onregmatig onwettige goedere in sy beheer gehad het, en dat hy valse verklarings afgelê het ten opsigte van die invoere van al die alkohol.

Die afgelope twee weke was nie ‘n maklike tyd vir SAPD lede van Amersfoort en Ermelo, asook ander lede met hoë rangposte soos SARS, asook personeel van Misdaad en Intellegensie wat informasie ontvang het van twee verskillende onwettige alkohol pakhuise in Ermelo en Amersfoort nie. Die eerste pakhuis wat in Amersfoort geleë is, is op Donderdag, 26 Augustus vasgetrap, waar daar onwettige alkohol bedryf plaasgevind het. Informasie is gelui vanuit Volksrust dat daar ‘n groot pakhuis in Amersfoort verlate staan. Die leidrade en alle informasie is gelui, en die verlate pakhuis is gevind. Tydens die ondersoek by die pakhuis is daar verskeie handelsmerke en tipes drank gevind, ter waarde van ongeveer R40 miljoen. Die drank is ondersoek, waar daar ook gesien is dat van die etikette op die verskeie alkohol bottels vervang is, en dat dit nie die oorspronklike etikette is nie. Die etikette word self gedruk, waar die oorspronklike etikette verwyder word met spesiale toerusting, en dan weer op die bottels geplak word. Die bokse waarin die drank verpak is, is gemerk “Export” waarby dit verander word na “Import”.

Die grootste handelsmerk wat gevind is by die pakhuis, is “Original Best Classic Whiskey”, wat 664 kaste was. Ander handelsmerke is ook gevind, onder andere Bells Whiskey (389 kaste), Smirnoff 1818 Vodka (452 kaste) en Johnny Walker Red Label (156 kaste) met 11 los bottels. Tydens die ondersoek is daar niemand gearresteer nie, want volgens inligting wat ontvang is, woon die eienaar van die pakhuis in China. Die ondersoek duur steeds voort, al die alkohol wat gevind is in die pakhuis is verwyder na die staats pakhuis in Johannesburg. Op Woensdag, 1 September, het die ondersoek verder gegaan, waar daar ‘n pakhuis in Ermelo in Sluiter Straat gevind is. Navorsing is gedoen, en die eienaar van die pakhuis is gevind en dadelik gearresteer. Mingmin Gao (31) het op Vrydag, 3 September, sy eerste verskyning in die Ermelo Hof gemaak, waar hy borgtog geweier is en 4 aanklagtes in die oë staar. Sy saak is uitgestel tot 10 September 2021.

Gao het op 1 September ‘n SAPD lid probeer omkoop met ‘n bedrag van R 6800.00, sodat die SAPD hom nie moet arresteer of enige verdere stappe teen hom neem nie. Sersant Nkosi het Gao egter steeds gerresteer, en ‘n saak teen hom geopen vir korrupsie. Dieselfde prosedures is gedoen met die alkohol wat in Amersfoort gevind is, waar daar ook valse etikette gemaak is en op die bottels geplak is. Tydens ondersoek is die alkohol wat in die Ermelo pakhuis gevind is, ongeveer R10 miljoen werd. Die Ermelo pakhuis, en dié van Amersfoort word verbind met mekaar, die ondersoeke duur steeds voort. In die Ermelo pakhuis is daar verskeie tipes alkohol gevind, waar die grootste handelsmerke 150 kaste Belgravia Gin, 65 kaste Wellington Whiskey en nog vele meer is.

Gao besit verskeie besighede is die dorp, waar sy plaaslike drankwinkels ook deursoek is. Van die aanklagtes teen Gao is dat hy onder andere doelbewus en onregmatig wanvoorgestel het aan SARS, Doeane- en handelsmerkbeskermers, opsetlik en onregmatig onwettige goedere in sy beheer gehad het, en dat hy valse verklarings afgelê het ten opsigte van die invoere van al die alkohol. Al die alkohol wat by die Ermelo Pakhuis gevind is, is na die plaaslike SAPD geneem, waar dit ook later na die Staatspakhuis in Johannesburg geneem sal word, gepaard met al die vervalste etikette wat self gemaak is en al die toerusting wat gebruik is.