Moord en geweerskote skok inwoners

Moord en geweerskote skok inwoners

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/2

SM HATTINGH

7 September 2021

Verdere ondersoek het die SAPS gelei na Ermelo Provinsiale Hospitaal, waar een verdagte met 'n skietwond in die buik, en nog 'n verdagte met 'n skietwond in die regter bobeen aangetref is.

Ermelo SAPD ondersoek 1 klag van moord, 2 klagte van poging tot moord, en 1 klag van poging tot gewapende roof na aanleiding van 'n skietvoorval wat ongeveer 19:30 op Vrydag, 3 September, te Oosthuise Straat plaasgevind het. Na bewering het 'n groep verdagtes gepoog om twee vriende, wat oppad was na Wesselton, te beroof. Die groep het die twee mans omsingel, en een verdagte van die groep was gewapen met 'n mes. Een van die vriende het vier skote op die groep verdagtes, wat hul omsingel het, afgevuur. Een van die verdagtes is dood aan getref by naby geleë woonstelle, met ‘n noodlottige skietwond in die buik.

Verdere ondersoek het die SAPS gelei na Ermelo Provinsiale Hospitaal, waar een verdagte met 'n skietwond in die buik, en nog 'n verdagte met 'n skietwond in die regter bobeen aangetref is. Die verdagte met die buikwond is ernstig beseer, en die persoon met die wond in die been is behandel en ontslaan. Die man wie die skote afgevuur het, het die voorval by Ermelo SAPD gaan aanmeld. Tydens latere navrae by die SAPD, het die verdagte wat in die hospitaal behandel was vir sy buikwond, ook beswyk.