Agterklap-botsing saai chaos op N11

Agterklap-botsing saai chaos op N11

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/6

GK CRONJE

4 May 2021

Motoriste wat in die rigting van Ermelo gereis het moes ook wyd kyk vir omstaanders wat blindelings oor die pad gehardloop het om ‘n oog te gooi, en groot skares wat langs die pad saamgedrom het.

Verkeer was vir omtrent twee ure lank belemmer op die N11, oorkant die ingang van die Ermelo stortingsterrein. Volgens ooggetuies op die toneel het die botsing tussen die voertuie plaasgeving nadat een van die bestuurders die agterklap van ‘n motor teen ‘n redelike hoë spoed getref het. Volgens die omstaanders was loslopende diere te danke vir die chaos, maar dié moet egter deur die SAPS bevestig word. Tydens die botsing was vier voertuie oënskynlik betrokke, waarvan twee voertuie erge skade opgedoen het, een ligte skade, en een voertuig het in ‘n nabye veld opgeinding.

Verkeersbeamptes het hul hande vol gehad met motoriste was ongeduld getoon het in die ry van voertuie wat bykans 500 meter lank tougestaaan het. Motoriste wat in die rigting van Ermelo gereis het moes ook wyd kyk vir omstaanders wat blindelings oor die pad gehardloop het om ‘n oog te gooi, en groot skares wat langs die pad saamgedrom het. Ten tye van pers kon die SAPS geen terugvoer gee aan die Tribune ePaper rakende die botsing nie. Daar word verneem dan slegs ligte beserings opgedoen was deur die betrokke partye. Kyk gerus na die video van die toneel op ons Facebook blad, Tribune Ermelo.