ACSU trek roof-sindikaat bende vas

ACSU trek roof-sindikaat bende vas

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/3

SM HATTINGH

11 May 2021

Na afloop van die skietvoorval, het ACSU lede later agtergekom het dat twee van die insittendes noodlottig gewond was, een ongedeerd was, en die ander persoon beserings opgedoen het.

Op Maandag, 3 Mei, ongeveer 18:00, het Oubaas de Jager, eienaar van ACSU in Ermelo, op ‘n WhatsApp groep ‘n boodskap ontvang dat die mense in Ermelo moet op die uitkyk wees vir ‘n wit Volkswagen Jetta, sowel as ‘n Polo. Die voertuie was betrokke by die Markham rooftog in Volksrust, waar hulle met verskeie selfone, asook kontant gevlug het. Die voertuie was op daardie stadium amper in Ermelo. Oubaas het al die nodige mense in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir die voertuig. Die voertuie is gewaar ongeveer 10 kilometer buite Ermelo op die Amersfoort pad, waar hul teen ‘n hoë spoed gery het. Die voertuie was ongeveer 5 kilometer voor Ermelo opgemerk en is tot stilstand gebring, waar die insittendes van die Polo uit die voetuig gespring het en op ACSU se reaksie lede begin skiet het. Binne-in die Polo was vier insittendes.

Tydens die voorval waar die insittendes begin skiet het, het lede van ACSU ook begin skiet uit selfverdediging. Na afloop van die skietvoorval, het ACSU lede later agtergekom het dat twee van die insittendes noodlottig gewond was, een ongedeerd was, en die ander persoon beserings opgedoen het. Die plaaslike SAPD, asook die SAPD van Voksrust, was blitsvinnig op die toneel. Al die nodige dienste was ontbied na die toneel.