top of page

1614 items found for ""

  • Phoenix Rotary maak kinder-hartjies bly | tribune-newspaper

    Phoenix Rotary maak kinder-hartjies bly 1/2 Share SH HATTINGH 12 January 2021 Elke kind het ‘n pakkie lekkers, ‘n heerlike worsbroodjie en ‘n Lego stel gekry. Dit was die mooiste oomblikke om te koester, om te sien waar al die kinder hartjies dankbaar is vir wat hulle ontvang het, en om daai glimlaggies op elke gesiggie te kon sien. Op Woensdag, 16 Desember het die Phoenix Rotary drie kinderhuise besoek. Die missie van die dag was om die Kersfees gevoel te versprei, en ook die boodskap uit te dra waaroor Kersfees regtig gaan. Die lede het almal die oggend by Holiday Inn ontmoet, waar hulle die beplanning vir die dag gedoen het. Die drie kinderhuise wat hulle besoek het was Children of the Dawn in Wesselton, dan Bambanani, wat op die Piet Retief pad is, en laastens die CMR kinderhuis in Pet Straat. Een van die lede het as kersvader opgetof, en het aan elke kind ‘n geskenkie oorhandig. Elke kind het ‘n pakkie lekkers, ‘n heerlike worsbroodjie en ‘n Lego stel gekry. Dit was die mooiste oomblikke om te koester, om te sien waar al die kinder hartjies dankbaar is vir wat hulle ontvang het, en om daai glimlaggies op elke gesiggie te kon sien. Die bestuur van die Phoenix Rotary, Lakesh Maharaj, wil graag die gemeenskap nooi om deel te word van hulle span. Vir enige navrae kan Lakesh gekontak word by 083 532 2266. < Previous Article Next Article >

  • Hooggeregshof gee winkelsentrum-teenstander ‘n bloedneus | tribune-newspaper

    Hooggeregshof gee winkelsentrum-teenstander ‘n bloedneus 1/1 Share GK CRONJE 18 May 2021 Laastens het Regter Mankge bevestig dat II8 gefaal het om ‘n daadwerklike saak te bou, en dat hul papierwer, aansoeke en beëdigde verklarings in menigte gevalle in konflik is met die drie pilare benodig. In die lig van die gevraagde uitspraak wat deur die Tribune ePaper aangevra is, is daar goeie nuus vir die inwoners van Ermelo en die mliggende omgewing. Na ‘n struweling en talle hofsake wat vanaf ongeveer 2015 voordwoed, het eerbare Regter AJ Mankge, waarnemende regter van die hooggeregshof van Suid Afrika, die finale uitspraak gelewer rakende dié kwessie. Vroeg in 2015 het inwoners met groot opgewondenheid verneem van 'n beplande winkelsentrum, Plateau Mall (voortaan bekend as Merino Mall), wat gebou sou word in Voortrekkerlaan, waar die Ermelo Skougronde tans geleë is. Die projek word bestuur deur die Moolman Group, 'n bekende ontwikkelaar met talle suksesvolle projekte en ontwikkelings op hul kerfstok. Hierdie vlagskip-konstruksieprojek, wat as 'n ontwikkeling van 30,000 m² beskou word, sou 'n voltooiingsdatum van April 2020 hê, en menigte nuwe kettingwinkels sou huisves, het onmiddellik 'n groot plons in die gemeenskap gemaak. Ongelukkig het die opgewondenheid mettertyd in onsekerheid verander nadat geen aanduiding van enige bouproses sigbaar was nie. Die gemeenskap het gewoeker, en doen steeds, met gerugte oor beweerde politieke invloed wat 'n rol in die besware gespeel het. Die konstruksie van die sentrum is telkens vertraag deur beswaar wat aangeteken was deur Ilangabi Investments 8 (PTY) Ltd (II8), wat ook verbind word met Samuel "Dube" Democracy Zwane. Alhoewel die Moolman Groep (MG) en Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) tot ooreenkoms gekom het rakende die konstruksie, en alle bouplanne en nodige aansoek en papierwerk die groen lig ontvang het, het Ilangabi Investments 8 keer op keer ‘n stokkie probeer steek voor die konstruksie van die winkelsentrum. Die regspan van II8 het aangevoer dat die aansoek deur die MG van die hand gewys moet word, en deur ‘n munisipale beplanningstribunaal by MLM hersien moes word. II8 het op verskeie geleenthede die aansoek deur die MG teengestaan, met besware wat telkens van geen toepassing op die winkelsentrum se aansoek gehad het nie. Die regter het dit bekend gemaak dat volgens II8 se stigtingspapiere, besit hul ongeveer 22ha ontwikkelingsgrond in Wesselston, uitbreiding 8, waar hul beweer om regte te hou vir ‘n konstruksieplan vir ‘n winkelsentrum. Die MG was regte toegestaan vir konstruksie te Ermelo, uitbreiding 47 (skougronde). Ter aansoek deur die MG, was die ontwikkeling deur die MLM stadsbeplanning aangeraai vir goedkeuring. MLM het egter in April 2018 hul deuntjie verander, en aangekondig dat die bogenoemde aansoek van die hand gewys gaan word. Die MG het egter appél aangeteken, wat toegestaan is aan die MG. II8 het egter weereens beswaar aangeteken, en beweer dat hul belange beïnvloed word deur die Merino Mall se ontwikkeling. Regter Mankge het egter aangedui dat dié belange van so aard moet wees dat dit nie te abstrak of akademies moet wees nie, en dat die belange aktueel moet wees. Die regter het egter beslis dat II8 geensins genoegsame bewyse voorgelê het dat hul belange in aktualiteit beïnvloed word nie. Die regter het ook beslis dat II8 nie aan die drie pilare van ‘n waterdigte saak voldoen het nie, wat insluit dat die aansoeker ‘n eienaaar van die grond en belastingbetaler is, dat die aansoeker goedgekeurde ontwikkelingsplanne het, en dat die aansoeker bevordering van administratiewe geregtigheid (PAJA) se terme nie verontagsaam word nie. II8 het dus ook met alle mag probeer om die ontwikkeling teen te staan deur Seksie 33 van die grondwet holrug te ry, wat kortliks dui dat enige persoon mag beswaar aanteken teen onwettige gebeurtenisse. Verder het Regter Mankge aangedui dat II8 geensins deel was van die aanvanklike besprekings tussen die MG en MLM nie, en ook nie deel was van die besprekings wat die appèlowerheid ingesluit het nie. Die regter het ‘n bloedneus toegedien aan II8 deur te beslis dat hul belange geensins beïnvloed sal word deur die MG nie, dat II8 gediskwalifiseer word in terme van PAJA siende hul nie genoegsame bewyse kon voorsien nie, en dat II8 nie meer die eienaar is van die ontwikkelingsgrond soos aangedui in hul appél nie. Die regter het beslis dat II8 se saak verbrokkel het deur die feit dat hul regte verval het in Oktober 2020. II8 het egter gefaal om genoegsame bewyse te lewer dat daar in enige opsig inbraak gemaak word op hul belange. Regter Mankge het ook verwarring getoon deur die skielike aanslag deur II8 op die MG in 2020, maar vanaf 2016 gesloer het met die saak nie. Die saak was verder vererg deur ‘n appél wat II8 aangeteken het in Maart 2021, waar hul hulsef gedui het as grondeienaars van hulle beweerde ontwikkeling, maar hul het egter die grond geregistreer aan ‘n verskillende eienaar in Desember 2020. Laastens het Regter Mankge bevestig dat II8 gefaal het om ‘n daadwerklike saak te bou, en dat hul papierwer, aansoeke en beëdigde verklarings in menigte gevalle in konflik is met die drie pilare benodig. Die beslissing is aangekondig dat II8 se vermorsing van die hof se tyd nie genoegsaam was om ‘n boete op te lê nie. Regter Mankge het wel beslis dat II8 verantwoordelik gehou word vir die regskostes aangegaan deur die MG groep, insluitend die indiensneming van twee advokate, waar van toepassing. < Previous Article Next Article >

  • Ermeloërs geniet Signs To See opening | tribune-newspaper

    Ermeloërs geniet Signs To See opening 1/1 Share SM HATTINGH 1 February 2022 Signs To See is al 21 jaar in die bedryf. Vrydag, 28 Januarie 2022, was ‘n groot sukses vir die opening van Signs To See. Signs To See is al 21 jaar in die bedryf. Koos Olivier, eienaar van Signs To See, het dit goed gedink om almal te nooi om die opening van hul besigheid in hul nuwe perseel saam met hom en sy personeel te kom geniet. Daar was heerlik saam gekuier en gedans, en natuurlik was daar heerlike kerrie met vars gemaakte “Naan”. Pieter Marcato het die mense op hulle voete gehou met al sy liedjies. Mac Rapapali van Jakaranda het ook kom inloer en seker gemaak die mense se voete bly op die dansvloer. Heinrich Olwage, wat in die TV reeks, Ram vir ‘n Rus gespeel het, het ook kom oë wys en lekker saam gekuier. Koos en sy span wil graag die gemeenskap bedank vir hulle getroue ondersteuning, en hy sien uit om nog baie jare saam ‘n pad saam te kan stap. < Previous Article Next Article >

  • Moord en geweerskote skok inwoners

    Moord en geweerskote skok inwoners Moord en geweerskote skok inwoners 1/2 Share SM HATTINGH 7 September 2021 Verdere ondersoek het die SAPS gelei na Ermelo Provinsiale Hospitaal, waar een verdagte met 'n skietwond in die buik, en nog 'n verdagte met 'n skietwond in die regter bobeen aangetref is. Ermelo SAPD ondersoek 1 klag van moord, 2 klagte van poging tot moord, en 1 klag van poging tot gewapende roof na aanleiding van 'n skietvoorval wat ongeveer 19:30 op Vrydag, 3 September, te Oosthuise Straat plaasgevind het. Na bewering het 'n groep verdagtes gepoog om twee vriende, wat oppad was na Wesselton, te beroof. Die groep het die twee mans omsingel, en een verdagte van die groep was gewapen met 'n mes. Een van die vriende het vier skote op die groep verdagtes, wat hul omsingel het, afgevuur. Een van die verdagtes is dood aan getref by naby geleë woonstelle, met ‘n noodlottige skietwond in die buik. Verdere ondersoek het die SAPS gelei na Ermelo Provinsiale Hospitaal, waar een verdagte met 'n skietwond in die buik, en nog 'n verdagte met 'n skietwond in die regter bobeen aangetref is. Die verdagte met die buikwond is ernstig beseer, en die persoon met die wond in die been is behandel en ontslaan. Die man wie die skote afgevuur het, het die voorval by Ermelo SAPD gaan aanmeld. Tydens latere navrae by die SAPD, het die verdagte wat in die hospitaal behandel was vir sy buikwond, ook beswyk. < Previous Article Next Article >

  • 'n Dekade van stank vir dank | tribune-newspaper

    'n Dekade van stank vir dank 1/3 Share GK CRONJE 12 October 2021 Gesagsfigure van MLM laat veel te wense in terme van dienslewering, sowel as verskeie wyksraadslede wat deeglik bewus is van die probleme waarmee inwoners te kampe het. Met die munisipale verkiesing wat op 1 November 2021 plaasvind, staan munisipaliteite en politiese partye regoor die land paraat met goue beloftes en groot sprake van opgeknapte dienslewering en verandering in die land se chaotiese toestand. In Ermelo is dit egter ‘n heel ander storie. Terwyl die land se munisipaliteite benoude spronge gee, en soveel oënskynlike dienslewering as moontlik probeer lewer voor die verkiesing, gee Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) nie ‘n dooie duit om nie. Inwoners van President Fouché Straat is warm onder die kraag nadat verkiesingsplakkate opgerig was in die area, terwyl die mense wild en wakker uitswaai vir slaggate, en rou riool die velde vol vloei. “Dit is skandelik, hulle het geen skaamte, en geen trots nie;” het ‘n hoogs ontstoke inwoner aan die Tribune ePaper gesê. “Die manne wat die plakkate kom opsit het hier naby my huis, sal mos nou met hulle bakkie deur die riool ry, agter op die bakkie staan en die plakkate teen die boom vas sit, en dan nog lag oor hoe die rou riool spat terwyl hul deur dit ry. In wat se wêreld is dit ‘n grap? Hoe laag moet jy daal om te lag oor dienslewering wat gefaal word deur die bank, terwyl jy jouself weer in ‘n leierskap posisie probeer inwurm? Ek weet nie waar gaan ons dorp, en ons land opeindig nie. Skandelik, dit is al woord wat ek aan kan dink.” Ten spyte van die rioolprobleem wat al vir meer as ‘n dekade inwoners dwars in die krop steek, keur MLM steeds nuwe bouprojekte, bouplanne en uitbreidings links en regs goed, terwyl die omgewing, die fauna en flora, sowel as die inwoners aan die kortste end trek. Die vervalle rioolstelsel in President Fouchélaan en die omliggende wyke draai afwaarts op ‘n daaglikse basis, met munisipale bestuurders uit drie, en binnekort die vierde verkiesing, se beloftes wat steeds nie nagekom word nie. Die impak op die natuurlewe en vleilanddiere, veral die reiers wat Ermelo altyd verfraai het, is kommerwekkend. Die konstante riool besoedeling in hierdie area het die Pet Dam, wat altyd die tuiste van hierdie voêls was, so erg besoedel dat nie boom wat hulle nes gemaak het in, gevrek en verdor het. Die reiers het met die verdorring ook hulself skaars gemaak, en talle van die voêls is dood aangetref. Die impak van die besoedeling is ook bewys deur honderde visse in die Pet Dam wat gevrek het in 2016. Dié besoedeling, direk veroorsaak deur rou riool vanaf President Fouchélaan en die area tot bo Camdenlaan, is doodluiters onder die mat ingevee. Die kwansuise water toetse wat gedoen sou word deur die munisipalitiet en die Gert Sibande Distrik, se resultaat het nooit die lig van dag gesien nie. Alhoewel die Tribune ePaper telkens navrae gerig het aan MLM rakende die besoedeling en die water toetse, het die munisipale woordvoerder en relevante departemente absoluut geen reaksie, en geen terugvoer verskaf nie. Navrae word bloot geignoreer deur die munisipaliteit. Afgesien van die rioolstorting wat na die Pet Dam vloei en 'n spoor van besoedeling en dood in die natuur agterlaat, sluit die oorloop van dié dam aan by die Klein Drinkwater stroom, wat uiteindelik in die reeds hoogs besoedelde Vaalrivier beland. In 'n omgewingsstudie wat gepubliseer is, word MLM, sowel as drie ander Mpumalanga-munisipaliteite, uitdruklik as die grootste skuldige partye in die jare lange besoedeling van die Vaalrivier beskou. Helaas, tot op hede is geen opgraderings of aksie deur MLM onderneem nie. Die situasie het inteendeel vererger, met die gereelde verstoppings en oorloop van die rioollyn in President Fouchélaan wat duidelik die groter probleemfaktor met die rioolnetwerk in die kalklig stel. Ontevrede inwoners in die area, wat met die konstante reuk van rou riool moet opsnork, terwyl menslike ontlasting, sanitêre produkte, kondome, lappe en toiletpapier in die somer son lê en bak, se pleidooi val op dowe ore. Die velde in hierdie gebied word voortdurend deurdrenk en is ‘n moeras van rioolwater en vullis, en hou ernstige gesondheidsimplikasies in vir inwoners, asook die leerders van die nabygeleë skole. Gesagsfigure van MLM laat veel te wense in terme van dienslewering, sowel as verskeie wyksraadslede wat deeglik bewus is van die probleme waarmee inwoners te kampe het. Die Gert Sibande -distriksmunisipaliteit is ook by verskeie geleenthede oor die kwessie ingelig, maar beweer dat hul geen jurisdiksie in die aangeleentheid het nie, en dat die onus ten volle op MLM lê. Teen perstyd wag die Tribune ePaper steeds vir terugvoer rakende dié kwessie, wat al op 8 April 2021 aan Mandla Zwane, munisipale woordvoerder, gerig was. Hierdie navraag, sowel elke navraag vroeër, was bloot geignoreer. Meer foto's en video's kan op ons Facebook blad, Tribune Ermelo, gesien word. < Previous Article Next Article >

  • Lardus sit die virus ore aan, deel sy storie | tribune-newspaper

    Lardus sit die virus ore aan, deel sy storie 1/2 Share GK CRONJE 25 May 2021 Ek het gehoor hoe hy sukkel en hyg na asem met sy long funksie wat so swak is. Die volgende oomblik is dit stil. Dit is die ergste stilte wat ek nog ooit beleef het. Lardus Botha, ‘n geliefde en dierbare in Ermelo, is onlangs uit die Ermelo Medi-Clinic ontslaan na ‘n harde stryd met COVID-19. Lardus het verlede week sy storie met die Tribune ePaper gedeel met die hoop om meer insig en raad te gee aan inwoners. Lardus het op 27 April 2021 ligte griep simptome getoon, maar het nie veel gedink daarvan nie. Hy het vitamienes gedrink en gedink hy sal soos altyd vanself herstel. “Ek is meer as twintig jaar laas in die hospitaal. Ek is oor die algemeen nie sieklik nie, en ek kry oefening in waar ek kan.” het Lardus aan die Tribune ePaper gesê. Maar, wat begin het as ligte griep, het Lardus spoedig getakel en hy het al hoe slegter begin voel. “Op 3 Mei het ek soos ‘n hond gevoel. Ek was regtig siek, en het maar besluit om mediese hulp in te roep. Ek is na my dokter toe, waarna sy my aangeraai het om ‘n COVI-19 toets te doen. Kan jy my skok indink toe die toets positief uitkom?” Lardus se gesig raak emosieloos toe hy die res vertel. “ My dokter het aangeraai dat my gesin ook getoets moet word vir die virus. Ongelukkig was my hele gesin gediagnoseer met hierdie verpresting op 6 Mei. Wat is die kanse dat my hele gesin die virus sal opdoen?” Lardus se gesin het hulself in isolasie geplaas tuis, en het gelukkig herstel van die virus sonder enige komplikasies. Lardus vertel hoe hy opgeneem was op 6 Mei nadat hy gesukkel het om asem te kry, onder andere. “Ek kan die gevoel nie beskryf nie. Jy is heeltyd doodmoeg. Jy hyg, maar jy kry nie genoeg asem nie. Jou longe voel te klein vir jou lyf. Ek is opgeneem en hande en hande vol medisyne gevoer, omtrent twaalf pille daagliks. Ek het so gesweet, julle verstaan nie. Ek moes in die nag opstaan en op ‘n aparte stoel sit sodat my klere en beddegoed eers bietjie kan droog word. Dit klink nie na veel nie, maar ek het 9KG verloor in die tyd wat ek opgeneem was. Ek het emmers vol gesweet, elke uur is ek wakker dan is ek papnat. Alles het gevoel soos moeite, want jou lyf het nie krag nie. Om badkamer toe te gaan was ‘n straf, want jy het doodeenvouding net nie die krag in jou lyf nie.” Lardus skuif ongemaklik rond gedurende die volgende deel van sy storie. “Die ergste vir my was die isolasie. Alhoewel die mediese personeel tops was, en die mans-verpleegster ‘n regte yster was en my elke dag probeer opkikker het, was die stilte en die alleenheid die ergste. Omdat ‘n mens basies in kwarantyn is, mag daar geen besoekers inkom nie. My gesin mag gladnie besoeke afgelê het nie, en so ook nie my vriende nie. Wat my emosioneel die ergste getal het was ‘n man wat hul ingebring het wat langs my gelê het. Hy het ook COVID-19 simptome gehad, maar op ‘n erge graad. Ek het toegekyk hoe die mediese personeel spartel en alles moontlik doen om hom te help, maar te vergeefs. Die man is ‘n paar uur later oorlede. Ek het gehoor hoe hy sukkel en hyg na asem met sy long funksie wat so swak is. Die volgende oomblik is dit stil. Dit is die ergste stilte wat ek nog ooit beleef het. Die finaliteit van sy laaste asem wat hy uitblaas bly ‘n mens by.” Lardus sit vir ‘n paar sekondes in stilte. “My dogter het naderhand vir my ‘n abstrakte inkleurboek gebring, want ek was op die rand van depressie. Om te dink dat die dood vir jou wag om elke draai tydens die siekte is uitmergelend. Jy sit en dink aan nonsens, want jou gedagtes dwaal heeltyd terug na COVID-19, hoe sleg jy voel, en die vrees dat jy die stryd gaan verloor. Die feit dat jou hele lyf heeltyd so onbeskryflik seer is help ook nie veel nie.” Lardus gee ‘n klein glimlag. “Die beste advies wat ek kan gee vir mense wat COVID-19 opdoen, en opgeneem word... Hou jou gedagtes van COVID-19 af. Hou jou brein besig, en moet nie lê en tob oor wat dalk kan gebeur nie. Hou moed, hou aan veg en glo dat jy gaan gesond word. Sodra jy op ‘n hoop gaan sit en jouself bejammer, het jy die stryd klaar verloor. Doen al die oefeninge wat die fisioterapeut vir jou gee gedurende jou herstel, al voel dit hoe moeilik. Ek kon nie eers ‘n gewone ballon opblaas nie, want my longe was kapoet. Die basiese oefeninge van my arms oplig en bene beweeg was ‘n opdraande stryd elke dag. Dit gaan ‘n rukkie vat om ten volle te herstel, ek kan nou selfs skaars 10 meter loop sonder om te voel asof en die Comrades nounet gehardloop het nie.” Lardus sterk tans aan by die huis, en dit gaan baie goed met hom. < Previous Article Next Article >

  • WOF MPU prepares for Winter Fire Season | tribune-newspaper

    WOF MPU prepares for Winter Fire Season 1/1 Share GK CRONJE 13 April 2021 These camps ensure the 24 WOF Mpumalanga teams are mentally and physically fit going into the season. Firefighters are physically and theoretically assessed, and when successful, receive Yellow Cards at the end of the camps. The Department of Forestry, Fisheries and the Environment Working on Fire Programme continues to live by its objective of restoring dignity to the disadvantaged youth in marginalised communities. This was evident when Working on Fire Mpumalanga recently conducted a recruitment drive at various towns across the province, in preparations for the upcoming Winter Fire Season. Selections were conducted under strict COVID-19 protocols and regulations, with hopefuls put through the rigorous WOF fitness test of a 2.4 kilometre run, push-ups, pull-ups and sit-ups. A total of 45 new recruits were selected, giving previously unemployed youth entry into the employment sector. The new recruits will undergo specialised veld and forest firefighting training through the Kishugu Training Academy, in Nelspruit. Upon completion, they report back to their respective bases to top up existing teams. This ensures Working on Fire teams are at full strength going into the fire season. The province also took the team drivers and Safety Health and Environment Representatives (SHE Reps) to refresher training workshops at the Kishugu Academy, where they polished up on their theoretical education to ensure best practices at their bases. The Working on Fire Yellow Card Training Assessment Camps is set to take place in April. These camps ensure the 24 WOF Mpumalanga teams are mentally and physically fit going into the season. Firefighters are physically and theoretically assessed, and when successful, receive Yellow Cards at the end of the camps. All these preparations will ensure WOF Mpumalanga is ready and able to assist partners and stakeholders in WOF’s much-sought-after Integrated Fire Management Services, which includes but not limited to, fuel load reduction and fire suppression. < Previous Article Next Article >

  • Hoërskool Ermelo 2020 Graad 12-leerders vier uitslae

    Hoërskool Ermelo 2020 Graad 12-leerders vier uitslae 1/2 Share SH HATTINGH 2 March 2021 "Ons dank ons Vader in nederigheid oor die seën wat Hy oor EHS stort.” Die Erries is met opgewonde harte dankbaar oor die 2020 matriekuitslae wat na lang afwagting bekend gemaak is op Dinsdag. 23 Februarie 2021. Hoërskool Ermelo se slaagsyfer is uitstekende 99.1%, met slegs een druipeling. 79% Het universtiteitstoelating, 18.1% kwalifiseer vir ‘n diploma, en 97% kan verder studeer. Die 2020 Graad 12’s van Hoërskool Ermelo behaal die volgende simbole: 89 A-simbole, 143 B-simbole (waarvan 16 van dié leerders 78%/79% gekry het) en 172 C-simbole. Lewensoriëntering behaal 38 A’s, Engels Eerste Addisionele Taal behaal 13 A’s, Wiskunde behaal ses A’s, en Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Besigheidstudies en Lewenswetenskappe behaal elk vier A’s. Twee van die 23 vakke wat by die Erries aangebeid word se gemiddeld is bo 70%, sewe vakke bo 60% en die ander 14 vakke bo 50%. Die matrieks van 2020, asook die onderwysers, se gemoedere is oorlaai met trots en vreugde. Hoërskool Ermelo se top presteerder, Vosjan Grey, spog met ‘n uitstekende gemiddeld van 85,4%. Hy het ses onderskeidings: 92% vir Rekeningskunde, 91% vir Lewensoriëntering, 90% vir Fisiesewetenskappe, 83% vir LewensWetenskappe, 82% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 81% vir Wiskunde en ‘n B-simbool vir Afrikaans Huistaal met ‘n persentasie van 79%. Alana Leibbrandt spog ook met ses onderskeidings: 88% vir beide Geografie en Lewensoriëntering, 85% vir beide Lewenswetenskappe en Afrikaans Huistaal, 83% vir Engels Eerste Addisionele Taal en 80% vir Wiskunde. Alana het ‘n B-simbool vir Fisiese Wetenskappe. Sy eindig haar skoolloopbaan met ‘n pragtige gemiddeld van 83,6%. Die leerder met die tweede beste gemiddeld (84%) is Zara Büchling wat vyf onderskeidings behaal het: 93% vir Lewensoriëntering, 91% vir Visuele Kuns, 90% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 89% vir Besigheidstudies en 85% vir Afrikaans Huistaal. Sy behaal ‘n B-simbool in Musiek en ‘n C-simbool in Wiskunde. Simoné Beyer behaal ook vyf onderskeidings: 94% in Lewensoriëntering, 88% in FisieseWetenskappe, 85% in Wiskunde, 82% in Engels Eerste Addisionele Taal en 80% Lewenswetenskappe. Sy behaal B-simbole is onderskeidelik Afrikaans Huistaal en Rekeningkunde en eindig met ‘n gemiddeld van 83%. Another learner with five distinctions is Precious Matshaya: 87% for both Life Orientation and Afrikaans First Additional Language, 86% for Physical Science, 83% for Economics and 81% for Mathematics. She achieved two B symbols and has an average of 81,5%. Jana Nel behaal 80,8% vir haar gemiddeld en behaal vier A-simbole in onderskeidelik Lewensoriëntering, Wiskunde, Rekeningkunde en Engels Eerste Addisionele Taal. Hiermee saam behaal sy twee B-simbole en een C-simbool. Dané du Toit spog ook met vier onderskeindings: Lewensoriëntering, Engels Eerste Addisionele Taal, Afrikaans Huistaal en Lewenswetenskappe. Sybehaal ook twee B-simbole en een C-simbool en haar gemiddeld is 79,9%. Die volgende leerders behaal elk drie onderskeidings: Elizia van Heerden (gemiddeld van 80,7%), Kerry-Anne Botha (gemiddeld van 76%), Danie van Rooyen (gemiddeld van 75,1%), Princess Maleleka (gemiddeld 73,2%) en Lianie Jansen van Vuuren (gemiddeld van 70,9%). “Baie geluk aan elke Matriek leerder van 2020 wat ‘n moeilike jaar suksesvol agter die rug het. Dankie vir elke leerder en onderwyser se harde werk, Hoërskool Ermelo is besonder trots op die prestasies wat die EHS bereik het, en ons dank ons Vader in nederigheid oor die seën wat Hy oor EHS stort.” < Previous Article Next Article >

  • Kyk uit vir oud-errie op SuperSport se “Rugby Kuiers”

    Kyk uit vir oud-errie op SuperSport se “Rugby Kuiers” 1/1 Share SM HATTINGH 13 July 2021 Nicky het 6 jaar lank vir die Blou Bulle gespeel, waarna hy daarna ook 'n draai by verskeie ander provinsiale spanne gemaak het. Die Britse/Ierse Leeus toer tans in Suid-Afrika, en speel wedstryde teen verskeie provinsiale spanne en die Springbokke. Oud-Errie, Nicky van Der Walt, wat in 1993 gematrikuleer het, het in 1997 teen die Britse/Ierse Leeus te staan gekom toe hy vir die Blou Bulle uitgedraf het. Die Blou Bulle het geskiedenis gemaak toe hulle die Britse/Ierse Leeus gewen het, en geen ander provinsiale span kon die Leeus tot dusver klop nie. Nicky het 6 jaar lank vir die Blou Bulle gespeel, waarna hy daarna ook 'n draai by verskeie ander provinsiale spanne gemaak het. Nicky was die afgelope week te sien op die SuperSport program Rugby Kuiers, wat aangebied word deur Hennie Koortzen en Wynie Strydom. Nicky is tans mede-afrigter van EHS se 0/15 rugbyspan. “Ons is trots op die oud-Errie!” < Previous Article Next Article >

  • Staat lewer vals getuienis, Dirkiesdorp boere uit op borg

    Staat lewer vals getuienis, Dirkiesdorp boere uit op borg Staat lewer vals getuienis, Dirkiesdorp boere uit op borg 1/2 Share SM HATTINGH 4 May 2021 Die videos bewys dat die staat nie slegs oor enkele aspekte gelieg het nie, maar dat hulle oor alles gelieg het. Hulle het nie net feite uit hulle duim gesuig nie, maar ‘n omvattende vals narratief geskep. Die vier boere en plaasvoorman van Dirkiesdorp, Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Yende (48) wat op 9 April 2021 gearresteer is op aanklagtes van moord, poging tot moord, ontvoering en regsverydeling, het onlangs weer hul verskyning in die hof gemaak. Die boere het reeds op 12 April hul eerste verskyning in die hof gemaak, waarna die saak ‘n paar keer uitgestel vir verdere ondersoeke, waar die boere ook borgtog geweier is. Op Maandag, 26 April, was daar ‘n video gewys, waar die boere se regspan aangevoer het dat die Staat se getuies lieg, en dat borg daarom geregverdig is. Nadat die videos gekyk is, het die staat nogsteeds die troefkaart gebruik om te sê dat daar aan die video materiaal gepeuter is, maar soos ons weet, video materiaal kan nie lieg nie. Nadat die video materiaal gekyk is, het A.O Nhlapo wel in die hof gesê dat sy getuies wel gelieg het in hulle verklarings oor wat op 9 April op plaas Pampoenkraal gebeur het. Die video wys die boere se weergawe wat op die plaas gebeur het: Die boere en hul plaaswerkers het kalm en rustig voorgekom, en het nie wapens of koeëlvaste baadjies gedra nie. Adjudant Offisier Nhlapo het dit erken. Die boere het niemand aangerand nie, waar A.O Nhlapo dit ook erken het. Zenzele Coka, wat vir Potgieter gewerk het, het saam met Greyling asook ander plaaswerkers opgedaag by die toneel. Hy was nie deel van die betogers nie. Die videos wys dat Amos Coka in ‘n klein wit motor opgedaag het, gevolg deur ‘n bakkie met drie insittendes. Zenzele het toe na die hek van die plaas gehardloop, en ‘n lang struweling het gevolg tussen Zenzele en sy broer, Amos. Zenzele het later daarin geslaag om sy broer Amos van die plaas af te verwilder. Die Staat gaan steeds aan dat die boere vir beide Zenzele en Amos met voorbedagte rade vermoor het. Nou, die groot vraag wat op almal se lippe lê, hoekom sou die boere vir Zenzele wou skiet, as Zenzele aan hulle kant was, en vir een van die boere gewerk het? Die video wys ook hoe vier “werksoekers” met stokke by Pampoenkraal opgedaag het om bestaande werkers te intimideer. Die video wys voorts dat minstens agt bestaande werkers wat in die stoor besig was om te werk, dan hul goed bymekaar maak en weg van die stoor af beweeg. Die video wys hoe Steynberg die plaas verlaat om te gaan kyk wat se meganiese toerusting gebreek het nadat sy werkers hom gebel het en gevra het vir hulp. Hy het eers weer later saam met die SAPS opdaag by die toneel. Die voorval waar Zenzele geskiet is, was ongelukkig nie op die video vasgelê nie. Klingenberg se weergawe is egter dat hy Amos Coka geskiet het uit selfverdediging, nadat Amos wild begin geskiet het, en in die proses sy eie broer, Zenzele, geskiet het. Drie Dirkiesdorp boere, Werner Potgieter, Danie Malan en Hansie Moolman, was uiters geweldadig deur die sogenoemde werksoekers aangerand. Hansie Moolman het skedelbreuk opgedoen, maar die SAPD het op 9 April ‘n eensydige ondersoek op die toneel gedoen. Die boere en die “werksoekers” het in twee groepe weerskante van die grondpad gestaan, en die SAPS het die boere gearresteer soos die “werksoekers” hulle name uitgeroep het. Ondersoek beampte, Adjudant Offisier Nhlapo, het reeds in die borgaansoek erken dat hy slegs die weergawe van die “werksoekers” bekom het. Geen “werksoekers” was gearresteer nie en hulle stokke wat hulle by hulle gehad het was ook nie geneem tydens die arrestasies nie, ten spyte van die feit dat twee boere gehospitaliseer was weens hulle beserings, en Danie Malan se oogbank in die tronkselle deur ‘n private dokter toegewerk was. Die videos bewys dat die staat nie slegs oor enkele aspekte gelieg het nie, maar dat hulle oor alles gelieg het. Hulle het nie net feite uit hulle duim gesuig nie, maar ‘n omvattende vals narratief geskep. Borg is uiteindelik toegestaan op Vrydag, 30 April, waar die vier boere en die plaasvoorman, elk R 10 000 moes opdok. Die saak is uitgestel na Woensdag, 30 Junie 2021, vir verdere ondersoek. Op die foto verskyn die vier boere en plaasvoorman. Op die tweede verskyn Robert Molokoane, wat aanvoer dat daar met die video gepeuter is. < Previous Article Next Article >

  • Danger, stray cattle ahead | tribune-newspaper

    Danger, stray cattle ahead 1/1 Share GK CRONJE 7 September 2021 Several motorists have narrowly avoided colliding with these bumbling animals, who couldn’t care less for oncoming traffic. As reported by various media houses, the issue of stray livestock in Ermelo residential areas, parts of the CBD and the outskirts has been ongoing for years, with no action on part of Msukaligwa Local Municipality (MLM) and its departments. A warning is hereby issued to residents traveling in the vicinity of Pick n Pay, as there are a group of stray cattle at the traffic light on a daily basis. At an intersection where vehicles often travel at moderate to high speeds, this is a life-threatening situation. In the case of stray livestock in Ermelo and the surrounding areas, the by-laws are wholly ignore. This is hardly surprising, as the by-laws set forth by the municipality are failed to be upheld. This creates a vicious cycle of frustration, property damage and a danger for motorists. The stray livestock in Ermelo have become so used to traffic and scolds from angry residents, that not even car horns or angry yells spook these animals. Several motorists have narrowly avoided colliding with these bumbling animals, who couldn’t care less for oncoming traffic. This an ongoing, serious and pressing issue in Ermelo. Alas, MLM officials are yet to take decisive action. < Previous Article Next Article >

  • Ermelo showcases its creative ladies | tribune-newspaper

    Ermelo showcases its creative ladies 1/0 Share SH HATTINGH 11 August 2020 The ladies created a drum, where they painted the drum a colour of their choice, learned to do stencil work, and how a water transfer works. Laughs and fun were had by all. On Saturday, 1 August, Chalk and Coffee Joint hosted a painting course. Participants had a chance to let their minds go, and to think creative and out of the box. The ladies created a drum, where they painted the drum a colour of their choice, learned to do stencil work, and how a water transfer works. Laughs and fun were had by all. If you have any enquiries, or would like to book a class, feel free to contact Lynette on 082 542 9592. < Previous Article Next Article >

bottom of page