251 results found for ""

  • Erries vergemaklik inteken tydens COVID-19

    Erries vergemaklik inteken tydens COVID-19 1/1 Share SH HATTINGH 25 Augustus 2020 Die Tjop-Tjop-toepassing werk deur ‘n unieke QR-kode wat vir elke leerder ontwikkel is. Die leerders se kodes word geskandeer met al die nodige inligting van die betrokke leerder, sy/haar temperatuur en COVID-19 kontrole lys se antwoorde. Hierdie inligtigting word digitaal in gelees en gestoor in die wolk. Te wyte aan van COVID-19, is die inteken van leerders elke oggend ‘n groot uitdaging vir baie skole. Die Erries is egter gerat om ook hierdie uitdaging so vlot as moontlik te laat verloop. Die Noord-Wes Universiteit het ‘n toepassing ontwikkel om die proses van intekening te vergemaklik. Die Tjop-Tjop-toepassing werk deur ‘n unieke QR-kode wat vir elke leerder ontwikkel is. Die leerders se kodes word geskandeer met al die nodige inligting van die betrokke leerder, sy/haar temperatuur en COVID-19 kontrole lys se antwoorde. Hierdie inligtigting word digitaal in gelees en gestoor in die wolk. Hoërskool Ermelo is uiters opgewonde om suksesvol van hierdie toepassing gebruik te maak en so ‘n bydrae te lewer tot tegnologiese vooruitgang. Op die foto word Simphiwe Gama se QR-kode geskandeer. < Previous Article Next Article >

  • Errie raadskamp berei leiers voor vir 2021

    Errie raadskamp berei leiers voor vir 2021 1/1 Share SH HATTINGH 13 October 2020 Die lesings oor onder andere konflik hantering en spanbou-aktiwiteite wat spanwerk bevorder het, en talle ander uitdagings wat die leerders geforseer het om kreatief te dink, het die raad bemagtig om as ‘n groen eenheid te funksioneer. Hoërskool Ermelo het vanaf 23 tot 26 September weereens‘n insiggewende en suksesvolle Errieraadskamp te u-Bhetyan-o-Africa aangebied. Die lesings oor onder andere konflik hantering en spanbou-aktiwiteite wat spanwerk bevorder het, en talle ander uitdagings wat die leerders geforseer het om kreatief te dink, het die raad bemagtig om as ‘n groen eenheid te funksioneer. Die Errieraad is slag gereed vir 2021, asook om met trots vertoon vensters van Hoërskool Ermelo te wees. Hou die Errieraad van 2021 gerus dop, hulle het baie om te bied vir die Erries. ‘n Toespraak van Margha Greyling, een van volgende jaar se leiers, het die visie van die nuwe raad so mooi opgesom: “Tradition is tending the flame, not worshiping the ashes. According to the Oxford dictionary, tradition is a long established custom or belief that has been passed on from one generation to another. Maar, sonder‘n brandende hart vol passie, is tradisie maar net gebare teen‘n muur. ‘n Errie se hart is een van die mooiste harte wat enigeiemand ooit sal teëkom. Hy lewer die mooiste produk wat nog ooit tersprake was: opregtheid, eerlikheid, respek, lojaliteit en passie. Hierdie produk is meer werd as ‘n Opperman-Blou-Diamant. Die produk van hierdie vurige hart maak jou wie jy is. Dit is soos die goue randjie om jou groen skoolbaadjie. Dit is soos die eksotiese lente bloeisels na‘n snerpende winter. Dit is die somer son wat weer sy verskyning maak na ‘n lang, vaal nag. Hierdie produk maak alles beter. Mense bewonder ons. Hulle bewonder ons menswees. Hulle bewonder ons optrede. ‘n Ware Errie praat met wysheid, luister met respek en leer met geduld. Cultures grow on the vine of tradition. Tradition is the one thing that binds us all together as one, no matter what culture you may follow.” < Previous Article Next Article >

  • Errie nommer een atleet in SA

    Errie nommer een atleet in SA 1/1 Share INHOUD VERSKAF 18 Augustus 2020 Tyrone het beide die uitslae wat ingestuur is, behaal tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms, waaraan hy op 5 Februarie 2020 deelgeneem het. Hoërskool Ermelo is met reg trots op Tyrone met dié uitsonderlike prestasie. Tyrone Berning, ‘n Graad 8 leerder van EHS, is aangewys as die nommer een seuns atleet in Suid-Afrika Skole Sport Sterre, in beide hoogspring en 300 meter hekkies, in die o/14-ouderdomsgroep. Hy spog met ‘n uitstekende tyd van 40.31 sekondes in die 300 meter hekkies, en met ‘n hoogte van 1.8 meter in hoogspring. Die plasings van die SA Skole Sport Sterre is bepaal deur die beste tye en/of afstande wat die atlete behaal het tydens 2020 se atletiek seisoen. Tyrone het beide die uitslae wat ingestuur is, behaal tydens die Noordheuwel Top 15-byeenkoms, waaraan hy op 5 Februarie 2020 deelgeneem het. Hoërskool Ermelo is met reg trots op Tyrone met dié uitsonderlike prestasie. “Dit dui op harde werk, deursettingsvermoë, genade en hope talent. Baie geluk, Tyrone!” < Previous Article Next Article >

  • Errieraad 2020 open nuwe kafeteria

    Errieraad 2020 open nuwe kafeteria Vosjan Grey en Jana Nel (Errieraad presidente) knip die lint tydens die opening van die kafeteria, 20 TWINTIG. Die binnekant van die kafeteria wat spreek van 'n warm, tuis gevoel. 1/2 Share SH HATTINGH 8 September 2020 Die Errieraad en hul ouers bedank alle borge van die gholfdag, en veral dié betrokke by die plant-fondsinsamelingsprojek. Groot dank gaan aan die Errie Unie vir die borg van die houtdek. Hoërskool Ermelo is vol dankbaarheid vir elke Errieraad-ouer vir hul insette, en harde werk om die 2020-matriekgroep se droom te verwesenlik. Op Dinsdag, 1 September, het die Errieraad van 2020 hulle projek, die Errie kafeteria, amptelik geopen. Die kafeteria se naam is 20 TWINTIG. Dié droom is weens COVID-19 ‘n bietjie vertraag, maar die eindproduk en die wag was sekerlik die moeite werd. Die 2020 Errieraad is trots, en glo dat hierdie nalatenskap waarde sal toevoeg vir elke leerling, ouer en besoeker aan Hoërskool Ermelo. Die kafeteria sal Maandae tot Vrydae, vanaf 8:00-17:00, asook op sportdae en kultuuraande oop wees. Besoek die kafeteria gerus vir heerlike pizzas, burgers, wafels, wraps, pastas, melkskommels, kraakvars slaaie en vele meer. Daar is ook daagliks vars gebakte lekkernye en heerlike cappuccinos. Die kafeteria is geleë in die skoolsaal, langs die Errie Unie Astro en tennisbane. Die Errieraad en hul ouers bedank alle borge van die gholfdag, en veral dié betrokke by die plant-fondsinsamelingsprojek. Groot dank gaan aan die Errie Unie vir die borg van die houtdek. Hoërskool Ermelo is vol dankbaarheid vir elke Errieraad-ouer vir hul insette, en harde werk om die 2020-matriekgroep se droom te verwesenlik. Mnr. Pieter Grobler het tydens die opening gesê: “Ons hoop dat die kafeteria ‘n plek is waar enige iemand gesellig kan verkeer, hegte vriendskappe smee en voortbou op die visie van 2020 se matriekgroep wat berge kan versit.” < Previous Article Next Article >

  • Agt Erries neem deel aan Oppie-Tong-Af se nasionale finaal

    Agt Erries neem deel aan Oppie-Tong-Af se nasionale finaal Raees Tikly vaar besonder goed, en behaal ‘n lands wye tweede plek in sy afdeling. 1/1 Share SH HATTINGH 20 October 2020 Raees Tikly vaar besonder goed, en behaal ‘n lands wye tweede plek in sy afdeling. “Raees, die Erries is geweldig trots op jou! Hartlik geluk aan elke leerder wat deelgeneem en hul Godgegewe talente nog fyner kom slyp het. Hoërskool Ermelo is trots op ons agt Erries wat gewis nie op hul bekke geval is nie!” Verskeie Erries het die afgelope week aanlyn aan die nasionale finaal van die Oppie-Tong-Af-redenaars kompetisie deelgeneem. Caylin Loock, Carla Ferreira, Danielle Koçaj en Jenna Oosthuizen het in die Afrikaanse voorbereide span redenaars afdeling meegeding. Die individuele redenaars het in die volgende kategorieë meegeding: LeandriViviers (Afrikaanse voorbereide toespraak), Johnke Prinsloo (Engelse voorbereide toespraak), RaeesTikly (Engelse motiveringstoespraak) en Mienke Cloete (Goue Tong). In die Goue Tong-afdeling ontvang leerders ‘n onderwerp, en slegs 5 minute voorbereidingstyd, waarna hul ‘n toespraak van 5-7 minute moet lewer. Raees Tikly vaar besonder goed, en behaal ‘n lands wye tweede plek in sy afdeling. “Raees, die Erries is geweldig trots op jou! Hartlik geluk aan elke leerder wat deelgeneem en hul Godgegewe talente nog fyner kom slyp het. Hoërskool Ermelo is trots op ons agt Erries wat gewis nie op hul bekke geval is nie!” < Previous Article Next Article >

  • Liggies kán skryf

    Liggies kán skryf Die wenners (v.l.n.r.): Cecelia Venter, Tamryn Archer, Yvonne Dippenaar (kultuur organiseerder), Sona Soyeye, Kundai Zimunto en Fatimah Mogalia. 1/1 Share CONTENT SUPPLIED 1 September 2020 Verskeie leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs aan ‘n kortverhaal kompetisie deelgeneem. Die leerder het dit vreeslik geniet, en het met puik kortverhale na vore gekom. Verskeie leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs aan ‘n kortverhaal kompetisie deelgeneem. Die leerder het dit vreeslik geniet, en het met puik kortverhale na vore gekom. Die volgende leerders is as wenners aangewys: in Graad 8, eerste plek is, Fatimah Mogalia met “2030", tweede plek is, Cecilia Venter met “Someone Is Lying Sit” en in derde plek is, Sona Soyeye met “The Truth Behind It”. In Graad 10 is Tamryn Archer met “When Promises Become Lies” aangewys as die wenner. In Graad 11 het Kundai Zimunto met “When Promises Become Lies” eerste plek verower, en Dané le Roux het met “Forever And Infinity” tweede plek verower. Michelle van der Linde, ‘n Graad 12 leerder, stap weg met eerste plek met “Promises Were Meant To Be Broken”. < Previous Article Next Article >

  • Exceptional Errie-learner hand picked

    Exceptional Errie-learner hand picked Sinethemba Dlamini, a Grade 12 learner of EHS. 1/1 Share SH HATTINGH 13 October 2020 She has been invited to an academic camp that aims to help students gain an even better understanding of mathematics, physical and life sciences, and enable them to solve exercises and problems themselves. Sinethemba Dlamini, a Grade 12 learner of EHS, has been selected by the Mpumalanga Education Department to acknowledge and celebrate her exceptional achievement in mathematics and physical science. She has been invited to an academic camp that aims to help students gain an even better understanding of mathematics, physical and life sciences, and enable them to solve exercises and problems themselves. To effectively do this, high profile facilitators have been appointed to help the learners at the camp. “Congratulations, Sinethemba! Hoërskool Ermelo is really proud of you, and we wish you the best of luck.” < Previous Article Next Article >

  • NPSS learners participate in Radikale Redenaars

    NPSS learners participate in Radikale Redenaars 1/1 Share SH HATTINGH 11 August 2020 All of the learners achieved an A+ or A symbol for their speeches and poems. Four learners are going through to the nationals which will take place later this year. The learners had to submit a video recording of them doing a speech or reciting a poem. Seven learners from Netherland Park Secondary School participated in the Radikale Redenaars competition. All of the learners achieved an A+ or A symbol for their speeches and poems. Four learners are going through to the nationals which will take place later this year. The learners had to submit a video recording of them doing a speech or reciting a poem. The following learners participated: Nadia Ngcobo: Grade 12: 1 poem, 1 speech (nationals), Siphesihle Nkosi: Grade 11: 1 poem (nationals), Nothando Nzimande: Grade 12, 1 poem (nationals), Siphamandla Hlatswayo: Grade 12: 1 poem (nationals), Londeka Sibanyoni: Grade 11: 1 speech, Noluthando Mkhwanazi: Grade 11: 1 poem, Wandile Mathebula: Grade 11: 1 speech.. “We are proud of them and look forward to them participating in the nationals later this year.” Nadia Ngcobo and Nothando Nzimande appearing on the photo (front), and Siphamandla Hlatswayo at the back. Siphesihle Nkosi is absent from the photo. These learners have made it to the nationals of Radikale Redenaars. < Previous Article Next Article >

  • Errie-ruiters aangewys as MPU-kampioene

    Errie-ruiters aangewys as MPU-kampioene Inge van der Walt in aksie tydens die Mpumalanga Dresseer Kampioenskappe. 1/1 Share SH HATTINGH 10 November 2020 Hoërskool Ermelo se ruiters het tydens die naweek van 15 tot 18 Oktober aan die Mpumalanga Dresseer Kampioenskappedeelgeneem te Badplaas. Die Erries het uitstekend presteer, en EHS se naam hoog gehou. Hoërskool Ermelo se ruiters het tydens die naweek van 15 tot 18 Oktober aan die Mpumalanga Dresseer Kampioenskappedeelgeneem te Badplaas. Die Erries het uitstekend presteer, en EHS se naam hoog gehou. Surika Struwig behaal eerste plekke in Elementary Medium freestyle, warm-up Elementary Medium, Elementary freestyle en warm-up Elementary. Sy word aangewys as Mpumalanga-kampioen in beide Junior Elementary Medium- en Junior Elementary-klasse. Margha Greyling behaal twee eerste plekke in onderskeidelik Open Show Hunter en in 1m Jumping, en tweede plek in Open Show Riding. Sy word aangewys as reserwe Mpumalanga-kampioen in beide Show Horse- en Working Hunter-klasse. Inge van der Walt word aangewys as die Mpumalanga-kampioen in die 80cm ponieruiter-kampioenskapsklas. Walter van der Walt behaal‘n algehele eerste plek in die 1.10m kampioenskapsklas, en word aangewys as Mpumalanga-kampioen. Walter word ook aangewys as Victor Ludorum in die 1.10m-klas. “Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries. Hoërskool Ermelo is besonder trots op julle.” < Previous Article Next Article >

  • Die Msukaligwa Bussiness & Community Forum (MBCF)

    Die Msukaligwa Bussiness & Community Forum (MBCF) 1/17 Share SH HATTINGH 20 October Ongelukkig is sy egter op Saterdag, 17 Oktober, deur Igagu mediese personnel na die privaat hospitaal toe gehaas. Haar suster, by wie sy aansterk, moes die wonde skoon maak, maar het opgemerk dat die wonde oornag slegter geraak het. Cecilia Earle, ‘n jarelange inwoner van Ermelo, was op Donderdag, 8 Oktober 2020 betrokke in ‘n tref en trap ongeluk met ‘n swaar motorvoertuig. Cecilia is dadelik na die provinsiale hospitaal geneem vir behandeling. Sy is op Vrydag, 16 Oktober, ontslaan uit die hospitaal ,waar mens kon sien daar is vordering in haar wonde se genesing. Ongelukkig is sy egter op Saterdag, 17 Oktober, deur Igagu mediese personnel na die privaat hospitaal toe gehaas. Haar suster, by wie sy aansterk, moes die wonde skoon maak, maar het opgemerk dat die wonde oornag slegter geraak het. Toe sy by die hospitaal aankom, het sy flinke diens van die mediese personeel ontvang, en is in die hospitaal opgeneem. Tydens ‘n besoek aan Cecilia op Maandag, 19 Oktober, het sy gesê sy voel goed, en dat die personeel mooi na haar omsien, net soos sy in die Tribune uitgawe van 13 Oktober gesê het van die personeel by die provinsiale hospitaal. Cecilia het haar man gedurende grendeltyd aan die dood afgestaan, waarna sy na haar seun en dogter moes omsien. Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds om te help met al die mediese onkostes nie. Die Tribune het dit goed gedink om ‘n trust fonds te stig vir die mediese onkostes. Die gemeenskap word versoek om hul harte oop te maak, en by te dra waar hulle kan. Die trust fonds is as volg: PWG Prokureurs, Eerste Nasionale Bank, Ermelo, Takkode: 270344. Die tjek-rekeningnommer is 52180048278. Barmhartige samiritane moet asseblief E745/Earle gebruik as verwysing. < Previous Article Next Article >

COPYRIGHT 2020 | ALL RIGHTS RESERVED