top of page

Liggies presteer in Grey College 7's reeks

SM HATTINGH

2 November 2021

Die seuns wen Vrystaat Ontwikkeling 41–0, en wen teen Westville in die CUP kwartfinaal met ‘n telling van 14-12.

Twee Blou Masjien -spanne het die afgelope naweek die lang pad na Bloemfontein aangedurf om aan die Grey College 7's deel te neem. Ligbron se eerste span eindig derde in die prestige toernooi. Die Liggies wen Goudveld met 31-7, en haak daarna vas teen Outeniqua met 33-7. Die seuns wen Vrystaat Ontwikkeling 41–0, en wen teen Westville in die CUP kwartfinaal met ‘n telling van 14-12. Ligbron verloor teen Grey 1 in die semi-finaal om derde in die toernooi te eindig.

“Baie geluk, seuns! Die Liggies is trots op julle.” Ligbron se gekombineerde o/14 -15 span eindig 6de uit die 14 skole. Hul wen met 26-14 teen Welkom Gim, verloor 7-36 teen Grey 1, verloor 7-10 teen Goudveld, wen met 38-5 teen Marais Viljoen, en speel in die skildfinaal teen Outeniqua, en verloor 12-36. “This is the first year we've taken part in the 7's rugby, and we've kicked off with a bang against schools much bigger that Ligbron. The boys have proven that they are a force to be reckoned with on the field- you've made us very proud!”

bottom of page