top of page

Ligbron matrikulante geniet sprokiesmooi matriekafskeid

SH HATTINGH

27 October 2020

Die sprokiesmooi funksie het by Kralinbergh plaasgevind. Die matrikulante het die aand terdeë geniet, en bedank elke onderwyser, ouer en mede-leerling wat bygedra het tot die onvergeetlike aand.

Donderdagaand, 22 Oktober, was ‘n sprokiesmooi, glans-geleentheid vir Ligbron Akademie vir Tegnologie se matrikulante toe hulle hul matriekjaar op ‘n stylvolle wyse afgesluit het, met hulle asemrowende matriekafskeid. Die Liggie-matrikulante het elkeen pragtig gelyk en behoorlik geskitter soos net die Liggies kan.

Die sprokiesmooi funksie het by Kralinbergh plaasgevind. Die matrikulante het die aand terdeë geniet, en bedank elke onderwyser, ouer en mede-leerling wat bygedra het tot die onvergeetlike aand.

bottom of page