top of page

Ligbron matriekuitslae maak Ermelo trots

SH HATTINGH

2 March 2021

"Dankie vir julle harde werk en deursettingsvermoë. Mag voorspoed julle vergesel op julle reis vorentoe!"

Die Liggies is saam die Graad 12’s opgewonde en dankbaar oor die matriekuitslae wat na ‘n onsekere 2020 bekend gemaak is. Ligbron Akademie vir Tegnologie het ‘n slaagsyfer van 96% behaal, waarvan 110 leerders kwalifiseer vir universiteits vrystelling. Die klas van 2020 het 162 onderskeidings en 177B’s verower. Vakke wat uitgeblink het by die Liggies is die 21A’s vir Wiskunde, 9A’s vir Fisiese Wetenskap, 18A’s vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, 10A’s vir Engels Eerste Addisionele Taal, 60A’s vir Lewensoriëntering en 7A’s vir Wiskunde Geletterheid, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde en Toerisme. Elke onderwyser se toewyding gaan nie ongesiens verby nie. “Dankie, ons waardeer julle.” Die Liggies se top leerder, Ammaarah Mohammed Arbee, het 8 onderskeidings en ‘n merkwaardige persentasie van 94.43% verwerf: Wiskunde (95%), Fisiese Wetenskap (97%), Rekeningkunde (97%), Afrikaans Eerste Addisionele Taal, (95%), Engels HT (94%), Lewensoriëntering (95%), Lewenswetenskap (88%), Add Maths (84%).

Sy is ook op Dinsdag, 23 Februarie in Nelspruit, by die Universiteit van Mpumalanga aangewys as een van die Top 5 leerders in Mpumalanga. Ammaarah het die volgende as pryse ontvang: ‘n yskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, strykyster, skootrekenaar, iPad en en ‘n kontant prys ter waarde van R10 000. Sy het aan die Liggies meegedeel dat sy in haar vrye tyd graag lees en skryf, en ook baie van Netflix hou. Ammaarah is baie gefokus, en beplan om op Wits of Stellenbosch medies studeer. “Die Liggies is baie trots op jou!” Cristian Izquierdo Ortega spog ook met ‘n baie mooi gemiddeld van 92.29% en 8 onderskeidings. Alhoewel Cristian vir 4 maande in Kuba ingeperk was, het hy sonder enige leer materiaal beskikbaar daarin geslaag om by te bly met sy skoolwerk, deur middel van Ligbron se uitsendings. Hy behaal ook die hoogste persentasie in Wiskunde by die Liggies, met ‘n ongelooflike 98%. Hy het aan die Beeld vertel dat hy sy suksesse aan die hulp van sy vriende en onnies toeskryf.

Cristian wil in sy ouers en broer se voetspore volg, en ook medies by die Universiteit van Witwatersrand studeer. Sy ander vakke: Fisiese Wetenskap (96%), Afrikaans EAT (92%), Engels HT (90%), Lewensoriëntering (94%), Lewenswetenskap (87%), Rekeningkunde (89%), Add Maths (83%). Drie Liggies verwerf almal 7 onderskeidings. Hannah Peer, het ‘n gemiddeld van 91.14%. Sy aspireer om ‘n rekenmeester te word, en sy gaan haar drome by die Universiteit van Pretoria in dié veld navolg. Shraddha Agre behaal ‘n persentasie van 89.86%, en Fatiema Dendar 89.43%. Wel gedaan aan Megan Lourens, met 6 onderskeidings (83.29%).

Cara Bruwer (83.29%) en Itumeleng Nkambule (81.86%) het beide 5A’s verwerf. Die volgende leerders verwerf almal 4 A’s: Amoné Fraser (80.86), Hardu Prinsloo (73%), Moné du Plessis (75.57%), Roché Chemaly (78%), Nomuso Nkosi (78.86%) en Unami Bhembe (80.14%). “Met dankbare harte wens ons elke matrikulant van 2020 geluk. Dankie vir julle harde werk en deursettingsvermoë. Mag voorspoed julle vergesel op julle reis vorentoe!

bottom of page