top of page

JJ Langasems oefen baie hard

SH HATTINGH

16 March 2021

Die byeenkomste word by Hoërskool Hoogenhout en Secunda Hoërskool aangebied, en tien JJ atlete neem daaraan deel.

Mpumalanga Atletiek bied saam met Mpumalanga Klubs atletiek byeenkomste aan op 13 en 20 Maart 2021. Die byeenkomste word by Hoërskool Hoogenhout en Secunda Hoërskool aangebied, en tien JJ atlete neem daaraan deel. Die atlete en hul afdelings is as volg: Marlione Erasmus (200mH,100m), Willem Jacobsz (VS,150mH), Jani Uys (75mH,200mH), Elizca Lotz (75mH,200mH), Quinet Swart (75mH,VS), Megan Herbst (70mH,100m), FD Lotz (70mH), Liané Cilliers (70mH,VS), Inge Dafel (70mH) en Bertie Uys( 70mH).

bottom of page