top of page

Erries vergemaklik inteken tydens COVID-19

SH HATTINGH

25 Augustus 2020

Die Tjop-Tjop-toepassing werk deur ‘n unieke QR-kode wat vir elke leerder ontwikkel is. Die leerders se kodes word geskandeer met al die nodige inligting van die betrokke leerder, sy/haar temperatuur en COVID-19 kontrole lys se antwoorde. Hierdie inligtigting word digitaal in gelees en gestoor in die wolk.

Te wyte aan van COVID-19, is die inteken van leerders elke oggend ‘n groot uitdaging vir baie skole. Die Erries is egter gerat om ook hierdie uitdaging so vlot as moontlik te laat verloop. Die Noord-Wes Universiteit het ‘n toepassing ontwikkel om die proses van intekening te vergemaklik. Die Tjop-Tjop-toepassing werk deur ‘n unieke QR-kode wat vir elke leerder ontwikkel is. Die leerders se kodes word geskandeer met al die nodige inligting van die betrokke leerder, sy/haar temperatuur en COVID-19 kontrole lys se antwoorde. Hierdie inligtigting word digitaal in gelees en gestoor in die wolk. Hoërskool Ermelo is uiters opgewonde om suksesvol van hierdie toepassing gebruik te maak en so ‘n bydrae te lewer tot tegnologiese vooruitgang.

Op die foto word Simphiwe Gama se QR-kode geskandeer.

bottom of page