top of page

Erries vaar goed vanuit wegspring blokke

SH HATTINGH

2 March 2021

Zané du Plessis (o/16) eindig met ‘n tyd van 78,52 sekondes in die 400m-hekkies.

Nege Erries het op Saterdag, 27 Februarie 2021 aan die eerste Atletiek-liga van Noord Gauteng deelgeneem. Hierdie leerders het elkeen individueel ingeskryf vir die byeenkoms. Lana Herholdt (o/19) neem deel aan die 400m-hekkies, en eindig met ‘n persoonlike beste van 67.51 sekondes. Sy verbeter ook haar persoonlike beste vir die 100m-hekkies met 15,92 sekondes. Carla Ferreira (o/17) gooi ‘n afstand van 38,58 meter in die spiesgooi-item. Zané du Plessis (o/16) eindig met ‘n tyd van 78,52 sekondes in die 400m-hekkies. Mia Davel (o/15) behaal persoonlike bestes in beide haar items. Sy eindig met tye van 47,48 sekondes en 14,60 sekondes in onderskeidelik 300m- en 90m hekkies. Michaela Hand (o/14) se afstande in gewigstoot en skyfwerp is onderskeidelik 11,09m en 28.9m. Ruan du Toit (o/19) hardloop die 400m in 53,31 sekondes.

Chester Mpahlele (o/16) eindig met ‘n tyd van 4 minute en 36 sekondes tydens sy 1500m. Bongmusa Vilakazi (o/16) voltooi sy 1500m in 4 minute en 22 sekondes. Tyrone Berning (o/15) behaal ook ‘n persoonlike beste in die 300m-hekkies met ‘n tyd van 39,45 sekondes. In hoogspring behaal hy ‘n hoogte van 1,85m.

“Baie geluk aan elkeen van die atlete wat deelgeneem en besonder goed presteer het. Dankie dat julle Hoërskool Ermelo se naam hoog hou. Die Erries is trots op julle en wens julle toe vir die byeenkomste wat voorlê.” Op die foto verskyn Zané du Plessis (links) en Lana Herholdt tydens die byeenkoms.

bottom of page