top of page

Erries neem deel aan Wêreld-biddag

SH HATTINGH

23 March 2021

Hoërskool Ermelo dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te kon deel in dié jaarlikse biddag. Mag die woorde van 1 Tess. 5:17 ons immer herinner: “Bid gedurig.”

Op Maandag, 8 Maart het al die Errie-dogters en damespersoneel vergader by die skool se hoofpawiljoen ter deelname aan die Wêreld-biddag vir Vroue-program. Die amptelike biddag het reeds op Vrydag, 5 Maart plaasgevind, maar Maandag het die Erries hul stemme by dié van duisende vroue regoor die wêreld gevoeg om in te tree vir 2021 se gasheerland – Vanuatu. Vanuatu is in die Stille Oseaan tussen Fiji en Australië geleë en bestaan uit 14 eilande. Vanuatu se bevolking is slegs sowat 312 000 van wie die grootste meerderheid Christene is.

Alhoewel Vanuatu spog met poskaart mooi strande, woude, fauna en flora, is armoede en werkloosheid wesenlike probleme waarmee inboorlinge daagliks te kampe het. Na afloop van ‘n bietjie agtergrondkennis oor die land, is die boodskap uit Lukas 6:46-49 gebring met die tema: ‘n Lewe gebou op ‘n vaste rots. Drie getuienisse van vroue wat in Vanuatu leef, is voorgelees waarna die Errie-dogters in kleingroepe verdeel het om te bid vir dié land en sy mense. Daar was ook ‘n pragtige uitbeelding van Vanuatu se kleurvolle vlag, smaaklike vrugte, krale en skulpe. Terwyl die dogters en damespersoneel op die pawiljoen aan die biddag deelgeneem het, het die seuns en manspersoneel bymekaar gekom op die netbalbane. Hier is die seuns bemagting met ‘n motiveringstoespraak deur meneer Pieter Grobler. Hoërskool Ermelo dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te kon deel in dié jaarlikse biddag. Mag die woorde van 1 Tess. 5:17 ons immer herinner: “Bid gedurig.”

bottom of page