top of page

Errieraad 2020 open nuwe kafeteria

SH HATTINGH

8 September 2020

Die Errieraad en hul ouers bedank alle borge van die gholfdag, en veral dié betrokke by die plant-fondsinsamelingsprojek. Groot dank gaan aan die Errie Unie vir die borg van die houtdek. Hoërskool Ermelo is vol dankbaarheid vir elke Errieraad-ouer vir hul insette, en harde werk om die 2020-matriekgroep se droom te verwesenlik.

Op Dinsdag, 1 September, het die Errieraad van 2020 hulle projek, die Errie kafeteria, amptelik geopen. Die kafeteria se naam is 20 TWINTIG. Dié droom is weens COVID-19 ‘n bietjie vertraag, maar die eindproduk en die wag was sekerlik die moeite werd. Die 2020 Errieraad is trots, en glo dat hierdie nalatenskap waarde sal toevoeg vir elke leerling, ouer en besoeker aan Hoërskool Ermelo. Die kafeteria sal Maandae tot Vrydae, vanaf 8:00-17:00, asook op sportdae en kultuuraande oop wees. Besoek die kafeteria gerus vir heerlike pizzas, burgers, wafels, wraps, pastas, melkskommels, kraakvars slaaie en vele meer. Daar is ook daagliks vars gebakte lekkernye en heerlike cappuccinos. Die kafeteria is geleë in die skoolsaal, langs die Errie Unie Astro en tennisbane.

Die Errieraad en hul ouers bedank alle borge van die gholfdag, en veral dié betrokke by die plant-fondsinsamelingsprojek. Groot dank gaan aan die Errie Unie vir die borg van die houtdek. Hoërskool Ermelo is vol dankbaarheid vir elke Errieraad-ouer vir hul insette, en harde werk om die 2020-matriekgroep se droom te verwesenlik. Mnr. Pieter Grobler het tydens die opening gesê: “Ons hoop dat die kafeteria ‘n plek is waar enige iemand gesellig kan verkeer, hegte vriendskappe smee en voortbou op die visie van 2020 se matriekgroep wat berge kan versit.”

bottom of page