top of page

Errie-ruiters aangewys as MPU-kampioene

SH HATTINGH

10 November 2020

Hoërskool Ermelo se ruiters het tydens die naweek van 15 tot 18 Oktober aan die Mpumalanga Dresseer Kampioenskappedeelgeneem te Badplaas. Die Erries het uitstekend presteer, en EHS se naam hoog gehou.

Hoërskool Ermelo se ruiters het tydens die naweek van 15 tot 18 Oktober aan die Mpumalanga Dresseer Kampioenskappedeelgeneem te Badplaas. Die Erries het uitstekend presteer, en EHS se naam hoog gehou. Surika Struwig behaal eerste plekke in Elementary Medium freestyle, warm-up Elementary Medium, Elementary freestyle en warm-up Elementary. Sy word aangewys as Mpumalanga-kampioen in beide Junior Elementary Medium- en Junior Elementary-klasse.

Margha Greyling behaal twee eerste plekke in onderskeidelik Open Show Hunter en in 1m Jumping, en tweede plek in Open Show Riding. Sy word aangewys as reserwe Mpumalanga-kampioen in beide Show Horse- en Working Hunter-klasse. Inge van der Walt word aangewys as die Mpumalanga-kampioen in die 80cm ponieruiter-kampioenskapsklas. Walter van der Walt behaal‘n algehele eerste plek in die 1.10m kampioenskapsklas, en word aangewys as Mpumalanga-kampioen. Walter word ook aangewys as Victor Ludorum in die 1.10m-klas. “Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries. Hoërskool Ermelo is besonder trots op julle.”

bottom of page