top of page

Errie raadskamp berei leiers voor vir 2021

SH HATTINGH

13 October 2020

Die lesings oor onder andere konflik hantering en spanbou-aktiwiteite wat spanwerk bevorder het, en talle ander uitdagings wat die leerders geforseer het om kreatief te dink, het die raad bemagtig om as ‘n groen eenheid te funksioneer.

Hoërskool Ermelo het vanaf 23 tot 26 September weereens‘n insiggewende en suksesvolle Errieraadskamp te u-Bhetyan-o-Africa aangebied. Die lesings oor onder andere konflik hantering en spanbou-aktiwiteite wat spanwerk bevorder het, en talle ander uitdagings wat die leerders geforseer het om kreatief te dink, het die raad bemagtig om as ‘n groen eenheid te funksioneer. Die Errieraad is slag gereed vir 2021, asook om met trots vertoon vensters van Hoërskool Ermelo te wees. Hou die Errieraad van 2021 gerus dop, hulle het baie om te bied vir die Erries.

‘n Toespraak van Margha Greyling, een van volgende jaar se leiers, het die visie van die nuwe raad so mooi opgesom: “Tradition is tending the flame, not worshiping the ashes. According to the Oxford dictionary, tradition is a long established custom or belief that has been passed on from one generation to another. Maar, sonder‘n brandende hart vol passie, is tradisie maar net gebare teen‘n muur. ‘n Errie se hart is een van die mooiste harte wat enigeiemand ooit sal teëkom. Hy lewer die mooiste produk wat nog ooit tersprake was: opregtheid, eerlikheid, respek, lojaliteit en passie. Hierdie produk is meer werd as ‘n Opperman-Blou-Diamant. Die produk van hierdie vurige hart maak jou wie jy is. Dit is soos die goue randjie om jou groen skoolbaadjie. Dit is soos die eksotiese lente bloeisels na‘n snerpende winter. Dit is die somer son wat weer sy verskyning maak na ‘n lang, vaal nag. Hierdie produk maak alles beter. Mense bewonder ons. Hulle bewonder ons menswees. Hulle bewonder ons optrede. ‘n Ware Errie praat met wysheid, luister met respek en leer met geduld. Cultures grow on the vine of tradition. Tradition is the one thing that binds us all together as one, no matter what culture you may follow.”

bottom of page