top of page

Errie-dogters spog met Mamba-spanne

SH HATTINGH

10 November 2020

Hoërskool Ermelo is uiters trots op die ses Errie-dogters wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga Mamba-spanne van “Indoor”-hokkie. Die spanne se toere vind vanaf 20 tot 22 Desember 2020 plaas.

Hoërskool Ermelo is uiters trots op die ses Errie-dogters wat gekies is vir die onderskeie Mpumalanga Mamba-spanne van “Indoor”-hokkie. Die spanne se toere vind vanaf 20 tot 22 Desember 2020 plaas. Die o/14’s se toer vindplaas te Witbank Hockey Farm, die o/16’s te Pretoria Hartveld en die o/18’s se toer vind in Johannesburg te Dainfern College plaas. Hier is die name van elkeen in hul onderskeie spanne: o/14: Helené Lotz – Green Mamabas (B-span), Mia Davel - Green Mambas (B-span), Ziné Jacob – Yellow Mambas (C-span), o/16: Deidre van der Meyden – Green Mambas (B-span), Kayla van der Meyden – Green Mambas (B-span) en o/18: Carla Ferreira – Black Mambas (A-span). “Baie sterkte aan elkeen van die dogters. Hoërskool Ermelo wens vir julle alle seën toe.”

bottom of page