top of page

Errie-atlete gekies vir Mpumalanga span

SH HATTINGH

30 March 2021

Vyf van die Erries is gekies om die Mpumalanga-atletiek span te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskap.

Op Saterdag, 27 Maart, het van Hoërskool Ermelo se atlete deelgeneem aan die Mpumalanga-atletiek kampioenskap by die Secunda Atletiek stadion. Vyf van die Erries is gekies om die Mpumalanga-atletiek span te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskap, wat plaasvind vanaf 7 tot 10 April in die Paarl. Die volgende EHS-atlete is vir die Mpumalanga span gekies: Mia Davel (o/16) behaal twee eerste plekke in onderskeidelik hoogspring, met ‘n hoogte van 1,63 meter, asook in die 300m-hekkies, met ‘n tyd van 47,17 sekondes. Mikaela Hand (o/16) behaal tweede plek in skyfwerp, met ‘n afstand van 30,89 meter, en sesde plek in gewigstoot, met ‘n afstand van 10,59 meter.

Carla Ferreira (o/18) verower tweede plek in spiesgooi, met ‘n afstand van 39,92 meter. Tyrone Berning (o/16) spog met drie uitstekende eerste plekke. In hoogspring, spring hy 1,92 meter, hy voltooi die 300m-hekkies in 39,02 sekondes, en die 400m in 50,90 sekondes. Ruan du Toit (o/18) behaal tweede plek in die 400m, met ‘n tyd van 48,93 sekondes. Alhoewel die volgende atlete nie gekies is vir die Mpumalnga span nie, presteer hulle nie te min ook uitstekend: Chester Mphahlele (o/17) behaal agtste plek in die 3000m, en BongmusaVilakazi behaal ook agtste plek in die 1500m.

Deidre van der Meyden (o/17) behaal tweede en vierde plek in onderskeidelik die 100m en die 200m, Johnke Prinsloo (o/17) behaal tweede plek in die 400m, Mia Steenkamp behaal sewende plek in die 400m-hekkies, Zané du Plessis (o/17) behaal derde plek in hoogspring, asook vierde plek in die 400m-hekkies, en Chantelle Swart (o/19) behaal tweede plek in die 800m. “Baie geluk aan elke Errie wat deelgeneem het, asook dié wat gekies is vir die Mpumalanga span. Die EHS is met reg trots op elkeen se uitsonderlike prestasie.”

bottom of page