top of page

EHS verwelkom Graad 8-tennis spelers

SH HATTINGH

16 March 2021

“EHS wens elke betrokke Graad 8 sterkte toe vir hul tennis-reis by Hoërskool Ermelo."

Op Dinsdag, 2 Maart, het die Erries ‘n groot groep Graad 8-tennis spelers beter leer ken op die tennisbane van EHS. Hulle is hier bekend gestel aan EHS se professionele tennis afrigters, mnr.Charl Basson en mnr. Hennie Dippenaar.

Die nuwe Erries was, met rede, opgewonde om hul vermoëns ten toon testel. “EHS wens elke betrokke Graad 8 sterkte toe vir hul tennis-reis by Hoërskool Ermelo. Dankie byvoorbaat aan die afrigters wat reeds hierdie spelers ondersteun, en vir die tyd wat opgeoffer word om spelers te ontwikkel.”

bottom of page