top of page

EHS-leerders word beloon by prysuitdeling

SH HATTINGH

9 March 2021

Op Woensdag, 3 Maart, het Hoërskool Ermelo die jaarlikse akademiese prysuitdeling aangebied waar die Graad 8-11 leerders van 2020 beloon is vir hul akademiese prestasies gedurende ‘n uitdagende jaar.

Op Woensdag, 3 Maart, het Hoërskool Ermelo die jaarlikse akademiese prysuitdeling aangebied waar die Graad 8-11 leerders van 2020 beloon is vir hul akademiese prestasies gedurende ‘n uitdagende jaar. Die PAS Prokureurs-boekprys vir tweetaligheid in Graad 8 is aan JF Möller toegeken. JF het 90% vir Afikaans Huistaal en 86% vir Engels Eerste Addisionele Taal behaal. Die Graad 8-top tien vir 2020 is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Rinus Louw (85,96%), Duan Hugo (86,67%), Katelyn Potgieter (86,89%), Lariné Strydom (88,49%), Riël Hugo (89,56%), Helené Lotz (90,50%), Hayley van der Walt (91,07%), JF Möller (92,70%), Kayleigh Moore (93,01%). Laasgenoemde ontvang ook ‘n EHS-Duxmedalje as die toppresteerder in Graad 8. Raees Tikly receives the Highveld Tribune floating trophy for best learner in Arts and Culture Grade 9 (99%), as well as the Wikus Cloete book prize for bilingualism in Grade 9. He obtained 93% for both English Home Language and Afrikaans First Additional Language.

Die top tien vir 2020 se Graad 9-groep is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Isabella Burgers (85,74%), Mia Steenkamp (85,77%), Zané du Plessis (87,29%), Inge Greyling (87,48%), Mienke Cloete (87,85%), Otto van Schalkwyk (90,25%), Altus Boshoff (91,89%), Isabelle Moussier (92,33%), Johan Strauss (95,25%), Raees Tikly (97,06%). As the top student in Grade 9, Raees also receives an EHS Dux medal. Vir die beste prestasie in Wiskunde en Rekeningkunde Graad 10, ontvang Danel Olivier die ABSA-wisseltrofee. Die NWU-boekprys vir tweetaligheid in Graad 10 word aan Lood Geldenhuys toegeken. Hy het 91% behaal in Afrikaans Huistaal, en 87% in Engels Eerste Addisionele Taal. 2020 se Graad 10-top tien is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Walter van der Walt (83,33%), Elandri Swart (83,78%), Spesihle Maseko (84,59%), Jenna Oosthuizen (84,65%), Ilandri Nel (84,85%), Tobie Leibbrandt (85,86%), Carla Ferreira (87,53%), Dirk Maritz (87,94%), Danel Olivier (89,97%), Lood Geldenhuys (90,32%).

Vir sy eerste plek op die top tien van Graad 10 ontvang Lood Geldenhuys ook ‘n EHS-Duxmedalje. In 2020 se Graad 11-groep ontvang Jana Fraser die Pfizer-wisseltrofee vir die beste leerder in Landbouwetenskappe en Landboubestuur, Graad 11 (89%). GJ Swanepoel word aangewys as die beste leerder in Graad 11-Wiskunde (93%) en hiervoor ontvang hy die IM Bekker-wisseltrofee. Die Highveld Office Supplies-boekprys vir tweetaligheid in Graad 11 word toegeken aan Leandri Viviers. Sy behaal 94% in Afrikaans Huistaal en 98% in Engels Eerste Addisionele Taal. Die Graad 11-top tien vir 2020 is (genoem vanaf nommer 10 tot een): Anke Kruger (79,74%), Lethu Dlamini (80,05%), Nadia Kluyts (80,66%), GJ Swanepoel (82,43%), Magha Greyling (87,16%), Eunika Snyman (87,79%), Anke de Kock (90,30%), Lana Herholdt (91,42%), Michaela van Rensburg (91,49%) en Leandri Viviers (95,63%).

Anke de Kock, Lana Herholdt en Michaela van Rensburg ontvang elkeen ook ‘n EHS-medalje vir die sewe A-simbole wat elkeen behaal het in Graad 11. Leandri Viviers behaal agt A’s in Graad 11, en ontvang daarvoor ook ‘n EHS-medalje. Sy word ook aangewys as toppresteerder in Graad 11, waarvoor sy ‘n EHS-Duxmedalje ontvang. ‘n Groot toekenning wat vir die afgelope paar jaar aan ‘n oud-Errie oorhandig word, word bereken op grond van die finale matriekuitslae van die vorige jaar aan die matriekleerder wat die beste prestasie behaal in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe saam. In die afgelope NSS-eksamen het Simoné Beyer 85 % vir Wiskunde en 88% vir Fisiese Wetenskappe behaal, 'n gemiddeld van 86.5% vir die twee vakke. Simoné ontvang ‘n kontantprys vir dié besondere prestasie. “Baie geluk aan elke leerder vir die toekennings wat julle ontvang het.”

bottom of page