top of page

EHS landbou leerders geniet landbou uitstappie

SH HATTINGH

13 October 2020

Die Erries bedank vir Hendi-Hein Matthews en Jan Grey vir hulle tyd en vir die ongelooflike leer ervaring waar by Hoërskool Ermelo se leerders soveel kon baat.

Die Graad 10- en 11-Errie landbou bestuur-leerders het op Woensdag, 7 Oktober, die Jan Vos Landgoed besoek van mnr. Jan Grey. Daar het die leerders baie gesien en geleer, onder andere hoe bulle se saad getap en getoets word vir verskeie siektes, hoe die veearts dragtigheid op vroulike diere getoets het, hoe om beeste inentings te gee, oor die bestuur van ‘n Boran-stoet, asook algemene hantering van stoet-kuddes. Daarna het die leerders die melkportaal en die behuisingstelsel by die melkbeeste besigtig, waar hulle kon sien hoe tegnologie hierdie boerdery-afdeling tot sukses lei. Die Erries bedank vir Hendi-Hein Matthews en Jan Grey vir hulle tyd en vir die ongelooflike leer ervaring waar by Hoërskool Ermelo se leerders soveel kon baat.

bottom of page