top of page

EHS groet matrieks op gepaste en stylvolle wyse

SH HATTINGH

27 October 2020

Voor die matriekafskeid was die jaarlikse modeparade wat deur die Graad 10-leerders, -ouers en onderwysers gereël is. Hier kon die Graad 12’s op ‘n stylvolle wyse met hul uitrustings spog.

Dit is elke jaar vir Hoërskool Ermelo ‘n besondere groot voorreg om vir die matrieks ‘n glans geleentheid te reël vir die matriekafskeid. Op Vrydagaand, 23 Oktober 2020, het EHS se Graad 11’s, Graad 11-ouers en onderwysers weereens ‘n spog aangeleentheid gereël vir die matrieks van 2020 te Perdekraal. Ten spyte van die feit dat alles op kort kennisgewing gereël moes word weens COVID-19, het dit niks van die geesdrif gedemp nie. Nie net het die uitsonderlike uitrustings, kos, dekor, venue en geskenke getuig van Hoërskool Ermelo se unieke klas nie, maar ook van die spesiale band wat tussen leerders, onderwysers en ouers gevorm word in die vyf jaar van hoërskool.

Dit het duidelik geblyk uit die emosionele toesprake wat deur die hoof, mnr Pieter Grobler, en die twee presidente van 2020, Vosjan Grey en Jana Nel, gegee is. Die matrieks is as geliefde Errie-leerders gegroet en toegewens met seën en voorspoed vir die toekoms. Nie net was daar ‘n spesiale tekenprent-kunstenaar vir die Graad 12’s gereël nie, maar het die Erries ook die voorreg gehad om ‘n span van kykNet te kon deel hê van die verrigtinge. EHS se opname deur kykNet word in Januarie 2021 uitgesaai op kykNet Skole Top 10.

Voor die matriekafskeid was die jaarlikse modeparade wat deur die Graad 10-leerders, -ouers en onderwysers gereël is. Hier kon die Graad 12’s op ‘n stylvolle wyse met hul uitrustings spog. Ook hierdie geleentheid het plaasgevind met besondere sukses en styl.

bottom of page