top of page

EHS bied prag Graad 12-Lourierfunksie aan

SH HATTINGH

27 October 2020

Die Top Tien vir 2020 se Graad 12-groep is vanaf nommer een tot nommer tien, Vosjan Grey, Zara Büchling, Simoné Beyer, Alana Leibbrandt, Dané du Toit, Jana Nel, Anja Wege, Elizia van Heerden, André Strauss en Kerry-Ann Botha.

Op Maandag, 19 Oktober 2020, was hierdie jaar se Graad 12’s beloon vir hul harde werk tydens ‘n spog-prysuitdeling. Die Top Tien vir 2020 se Graad 12-groep is vanaf nommer een tot nommer tien, Vosjan Grey, Zara Büchling, Simoné Beyer, Alana Leibbrandt, Dané du Toit, Jana Nel, Anja Wege, Elizia van Heerden, André Strauss en Kerry-Ann Botha. Zara Büchling ontvang die Hoëveld Tribune Wisseltrofee vir die beste kreatiewe skrywer in Afrikaans Huistaal. She also receives the Highveld Tribune Floating Trophy for the best creative writer in English First Additional Language.

Van die spesiale pryse wat toegeken is, is die ware heer en ware dame wat onderskeidelik aan Chad Coetzee en Ania Snyman toegeken is. Vosjan Grey en Yané Broekman ontvang die prys vir Kameradie en Luyanda Mabuza en Mandisa Dube vir Companionship. Die volgende Graad 12-leerders ontvang “Onthou-medaljes” wat deur TWK geborg is: Yané Broekman, Zara Büchling, Vosjan Grey, Amy Greyling, Alana Leibbrandt, Precious Matshaya, Jana Nel, Bonke Sambo en GJ Swart. Die boek pryse vir beste tweetaligheid is toegeken aan Zara Büchling (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Ania Snyman (English Home Language en Afrikaans Eerste Addisionele Taal).

Vosjan Grey word aangewys as die Dux-leerder vir 2020. Hy ontvang drie toekennings wat ook deur TWK geborg is: ‘n kontant bedrag, silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje. EHS bedank die hoofborg, TWK, asook elke ander borg wat bygedra het om 2020 se prysuitdeling ‘n sukses te maak. “Baie geluk aan elke leerder wat ‘n toekenning ontvang het, en dankie aan elke Graad 12 leerder wat, ten spyte van ‘n moeilike jaar, die ekstra myl gestap het om hul laaste jaar as Erries goed af te sluit. Hoërskool Ermelo is trots op elkeen wat op verskeie gebiede die EHS se naam steeds hoog hou.”

bottom of page