top of page

Nkomazi grensposte amptelik heropen

GK CRONJE

13 October 2020

Alhoewel daar onlangs geen padongelukke gerapporteer is nie, het die LUR vir padveiligheid, Gabisile Tshabalala, motoriste aangemoedig om die paaie versigtig te gebruik. “Na die heropening van toegangspoorte, verwag ons 'n groot toename in die transportvolume op ons paaie. Ons wil almal versoek om versigtig te wees."

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Nkomazi-substreek huisves drie internasionale grensposte, naamlik Lebombo, wat die land en Mosambiek van mekaar skei, en Matsamo en Mananga, wat albei toegangspunte tot die Koninkryk eSwatini is. Vragmotors wat goedere vervoer het na Mosambiek, moes ure in die ry wag om die grens oor te steek, terwyl die verkeer na die land vlot geloop het. Matsamo en Mananga het egter minder mense ontvang wat tussen die twee lande gereis het. Dit volg nadat grensposte amptelik hul hekke vir internasionale reise onlangs heropen het. Die besigste was Lebombo, wat 'n groot aantal Suid-Afrikaanse toeriste na Mosambiek sien reis het. Voordat die grense op 27 Maart 2020 gesluit is, het plaaslike ondernemings aan die kant van die grensposte floreer, maar het vinnig 'n neusduik ervaar nadat die grendeltyd in werking getree het.

Alhoewel daar onlangs geen padongelukke gerapporteer is nie, het die LUR vir padveiligheid, Gabisile Tshabalala, motoriste aangemoedig om die paaie versigtig te gebruik. “Na die heropening van toegangspoorte, verwag ons 'n groot toename in die transportvolume op ons paaie. Ons wil almal versoek om versigtig te wees. Ons werk saam met alle belanghebbendes, en is gereed om die verhoogde verkeersvolumes wat deur die provinsie vanuit die buurlande in en uit die land kom, te hanteer. Daar is geen verdraagsaamheid teenoor roekelose en nalatige bestuur nie.” het Tshabalala afgesluit.

bottom of page